Foto’s: Bokke slyp vir oulaas voor Wallistoets

Eben Etzebeth, Lukhanyo Am en Damian de Allende. Foto: GB Jordaan.

Die Springbokke speel môre in die eerste toets teen Wallis op Loftus Versfeld. Dit sal die eerste keer sedert 2019 wees dat die nasionale rugbyspan voor plaaslike toeskouers in aksie is.

Jacques Nienaber (afrigter) het ’n ietwat konserwatiewe benadering gevolg wat spankeuse betref, maar die Springbokke behoort steeds genoeg skietgoed te hê om met die Rooi Drake af te reken.

Dit sal egter ’n groot fout wees om die besoekers te onderskat.

“As jy na die onlangse geskiedenis van ons wedstryde teen hulle kyk, glo ek dat die komende reeks ’n taai storie kan wees. Ons kon hulle byvoorbeeld verlede jaar vir die eerste keer in agt jaar in Wallis klop,” het Suid-Afrikaanse afrigter gesê.

Die Springbokke het daardie wedstryd in Cardiff met 23 – 18 gewen.

Vóór dit het Suid-Afrika die Wêreldbeker-halfeindstryd met drie punte gewen, terwyl Wallis in 2018 ’n toets in Cardiff met 20 – 11 beklink het.

“Wallis speel altyd fisieke rugby – hulle is sterk voorlangs, goed afgerig en takties slim. Hulle het ook die vorige keer dat ons teen hulle gespeel het, goed geskop en ons was in ons helfte van die veld vasgepen.”

Tog is die Springbokke onoorwonne in tien tuistoetse teen Wallis.

  • Maroela Media se GB Jordaan was daar om vandag se kapteinoefening vas te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.