Foto’s: Bulle bó op punteleer

Johan Goosen het 19 punte aangeteken. Foto: GB Jordaan.

Die Blou Bulle het gister agt drieë op Loftus Versfeld gedruk om ’n moedige Griekwas-span met 56 – 33 te wen.

Schalk Erasmus en Kurt-Lee Arendse het elk twee drieë gedruk, terwyl Johan Goosen vir 19 van sy span se punte verantwoordelik was. Die 29-jarige losskakel beïndruk tot dusver met elke wedstryd in die Blou Bul-trui sedert hy Frankryk vir Pretoria verruil het.

Elrigh Louw is egter een vir die toekoms en die 21-jarige losvoorspeler het met sy klipharde inklimspel beïndruk.

Die Bulle is weer eerste op die Curriebeker-punteleer en GB Jordaan was daar om die aksie vas te vang.

  • Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë: Schalk Erasmus (2), Kurt-Lee Arendse (2), Johan Goosen, Walt Steenkamp, Elrigh Louw, Jan-Hendrik Wessels. Doelskoppe: Johan Goosen (4) en Chris Smith. Strafskoppe: Goosen (2).

Griekwas: Drieë: Strafdrie, Stefan Ungerer en Janco Uys. Doelskoppe: George Whitehead (2). Strafskoppe: Whitehead (4).

  • Punteleer:
  1. Blou Bulle 34 punte
  2. Haaie 30 punte
  3. Griekwas 26 punte
  4. Pumas 24 punte
  5. Leeus 24 punte
  6. WP 22 punte
  7. Cheetahs 19 punte

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.