Foto’s: Bulle wen eerste CB-stryd van 2022

Die Blou Bulle het die Pumas op die Mbombela-stadion in die openingswedstryd van die Curriebekerreeks geklop. Foto: GB Jordaan.

Hoewel dinge nie seepglad verloop het nie, het die Blou Bulle genoeg op die Mbombela-stadion gedoen om die Pumas met 33 – 19 te klop.

Die rustydtelling was 11 – 3 in die besoekers se guns.

Die Pretorianers het vier drieë gedruk, terwyl Chris Smith 13 punte met sy skopvoet aangeteken het. Daarteenoor kan die Laevelders vir Tinus de Beer bedank vir sy vermoë agter die skopkelkie, terwyl ’n strafdrie ook aan hulle toegeken is.

GB Jordaan was in Nelspruit om die aksie vas te vang.

  • Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë: Embrose Papier, Ruan Nortjé, Johan Grobbelaar en WJ Steenkamp. Doelskoppe: Chris Smith (2). Strafskoppe: Smith (3).

Pumas: Drie: Strafdrie. Strafskoppe: Tinus de Beer (4).

  • In vandag se ander wedstryde speel die Cheetahs teen Griekwas om 14:30 in Bloemfontein, terwyl die Leeus en die WP om 17:00 in Kaapstad mekaar die stryd aansê.

Die wedstryde sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Was maar n treurige wedstryd aan beide kant, vertrou die bulle sal weer op standaard kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.