Foto’s: Bulls op koers ná uitspeelstryde

Die Bulls het vier drieë teen die Glasgow Warriors gedruk. Foto: GB Jordaan.

Die Bulls het gisteraand vier drieë op Loftus Versfeld gedruk om die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Glasgow Warriors met 29 – 17 te beklink.

Sodoende het die tuisspan – selfs al is dit tydelik – na een van die voorste spanne op die punteleer opgeskuif, en ’n plek in die reeks se uitklopronde wink beslis vir die Pretorianers.

Marcell Coetzee en kie speel egter nou eers weer op 20 Mei teen die Ospreys in Swansea en die Bulls-bestuur soek seker nou na maniere om die spelers wedstrydfiks te hou.

Jake White wik en weeg juis om van sy sterre in die komende Curriebeker-wedstryde los te laat.

“Ons het geleer dat ons goed vertoon wanneer ons op ’n Woensdag en ’n Saterdag speel. Ek sê nie dat ons noodwendig elke keer hierdie roete sal volg nie, maar ons het byvoorbeeld ’n bietjie futloos teen Benetton gelyk nadat ons vir twee weke af was,” het die Bulls se direkteur van rugby gesê.

“Die spelers moet doeltreffend bestuur word sodat hulle vars en honger vir sukses sal bly.”

  • Puntemakers:

Bulls: Drieë: Zak Burger, Madosh Tambwe, Walt Steenkamp en Cyle Brink. Doelskoppe: Morné Steyn (3). Strafskop: Steyn.

Glasgow Warriors: Drieë: Strafdrie, Oliver Smith. Doelskop: Ross Thompson. Strafskop: Duncan Weir.

  • Maroela Media se GB Jordaan was gisteraand op Loftus Versfeld om die aksie vas te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.