Foto’s: Die Blou Bul sukkel (beslis) nie sy roer af nie

Die Blou Bulle het gisteraand fees op Loftus Versfeld gevier. Foto: GB Jordaan.

Dit is nie aldag dat ’n mens na die Blou Bul-lied vir opskrif-inspirasie draai nie, maar ná gisteraand se spogvertoning is die liriek baie gepas. Eintlik sou “weet nie van verloor af nie” of “eet nie van die vloer af nie” net so lekker gewerk het.

Want die Blou Bulle het gisteraand op Loftus Versfeld met ’n bobaas-vertoning vorendag gekom om die stomme Westelike Provinsie met 48-31 te verrinneweer.

Sodoende het die Pretorianers vir hulle ’n plek in die Curriebeker-eindreeks bespreek en ná gister se vertoning lyk dit nie of die trofee ’n nuwe staanplek gaan kry nie.

Die Bulle het eintlik net 15 minute nodig gehad om die wedstryd buite die Kapenaars se bereik te plaas.

Seepgladde hanteerwerk (wie het gesê Suid-Afrikaanse spanne kan nie met die bal hardloop nie?) en drie drieë (dankie, Cornal Hendricks, Johan Goosen en Arno Botha) het gesorg dat die tuisspan met 24-5 voorloop.

Teen rustyd was die telling 38-12: pot, stel en wedstryd.

Ruan Nortjé rank hoog. Foto: GB Jordaan.

Die Streeptruie het soms nie sleg op die aanval gelyk nie – Edwill van der Merwe het met sy spoed en akrobatiese vermoë beïndruk – maar hulle was ongetwyfeld die buiteperd; die Bulle was doodeenvoudig net te goed.

Benewens Hendricks, Goosen en Botha het Lionel Mapoe en Marcell Coetzee ook drieë vir die tuisspan gedruk, maar dit was Ruan Nortjé wat met die speler van die wedstryd-toekenning weggestap het.

Die 23-jarige slot het ’n barshou gespeel en hy het dinge nie net moeilik vir die Kapenaars in die lynstaansituasie gemaak nie, maar eintlik enige plek op die veld.

Die Bulle het uiteindelik met 17 punte gewen, maar dit kon netsowel 40 punte gewees het.

Dít was die Pretorianers se 21ste agtereenvolgende oorwinning op Loftus Versfeld. En die kans is goed dat hulle met hul 22ste sege weer die Curriebeker omhoog sal hou.

  • Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë: Cornal Hendricks (2), Johan Goosen, Arno Botha, Lionel Mapoe en Marcell Coetzee. Doelskoppe: Goosen (6). Strafskoppe: Goosen (2).

Westelike Provinsie: Drieë: Edwill van der Merwe (3), Hacjivah Dayimani en Andre-Hugo Venter. Doelskoppe: Tim Swiel (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Chris dupreez ·

Nee wat die Pumas sou baie beter teen die Bulle gedoen het.

MakersMark ·

Korrek, en die Blou Bul eet ook nie van die vloer af nie, eerder van Loftus se groen gras af, soos 21 tuis wenne op ‘n drafstap wys. En hoeveel beter om die 21 ste te vier met ‘n liederlike pakslae teen weer probeer. Dis toe nie ‘n WP/Griekwas finaal nie. Bulle was fantasties en het WP veral voor vol blou kolle gespeel. Een kritiek teen die Bulle is hul het die WP se agterspelers te veel spasie toegelaat. Maar aan die einde was die Bulle net te goed.

adriaan isak ·

Net omdat hulle met Bul truie speel maak hulle nie Bulle nie.Noem hulle eerder n gekoopte SA span.

MakersMark ·

Suur druiwe. Dis ‘n professionele sport. Weet jy hoekom WP nie koop nie ? Want hul kan nie. Bankrot deur swak bestuur, binnegevegte en oorbetaling van sekere spelers.

MakersMark ·

Nog suur druiwe……dink daai silver wynsak se inhoud proe nou ene asyn. Dink die disa’tjie lê vertrap tussen bulmis erens op ‘n bekend veld in Pretoria.

Hardekwas ·

Om met n wp ondersteuner te redeneer is dieselfde as om met n anti vaxxer re redeneer. Onmoontlik.

Anton ·

Edwill van der Merwe het vreeslike potensiaal. ‘n Bietjie nederigheid sal hom nog beter maak

MakersMark ·

Stem saam maar na gisteraand dink ek die hele span asook supporters is nederig.

MakersMark ·

Bulle sal nie spelers koop wat hul waarde sisteem ondermyn nie so alle WP spelers is uitgesluit.

piet ·

Verrinneweer is as jy met 50 punte teen ‘n span soos Treviso verloor.

MakersMark ·

Piet, stem saam Bulle was verniel teen Treviso. Maar geen ander span in SA het dit gemaak om teen Treviso te speel nie want hul het almal teen die Bulle verloor…….so wat sê mens nou van die ander…. hoe vrot is hulle?…soos ons gisteraand weer gesien het.

piet ·

Bulle het teen WP en nog ‘n ander span in die CB verloor. Hoekom so uitsak in die 2de helfte teen ‘n verswakte WP span op hul tuisveld? Sal nie dit kan bekostig teen Treviso nie, dan is dit 70 punte teen hulle. Te veel ervaring gehad vir die WP youngsters.

MakersMark ·

Ja piet net soos jy sê. Volgens WP supporters verloor WP nooit ‘n wedstryd nie hulle B span (die regte A span is vir verskeie redes nooit beskikbaar nie of dis altyd ‘n “bou fase” wat nooit in iets ontwikkel nie) loop uit tyd uit om meer punte as die A span van die opposisie aan te teken. En dan na die tyd altyd die stories van as……maar as werk nie op ‘n scoreboard nie. As die WP teen Treviso gespeel het soos in eerste helfte gisteraand was dit 70 teen hulle met halftyd. Bulle klop hul die afgelope twee seisoen ordentlik. Bulle het die regte bestuur, spelers, afrigters en befonsing in plek gesit binne ‘n seisoen en domineer lokale rugby afgelope 2 seisoene alle bekers beskikbaar staan op Loftus. Waar dit hoort.

piet ·

WP doen goed met die laaties wat hulle op die oomblik het. Selfs die nulle ore aangesit in die tweede helfte. Jammer van die drie wat nie toegeken is nie, dinge kon interessant geraak het teen die einde.

Kerneels ·

Piet, die wp was totaal oordonder man! Paar troos driee teen die einde fly die telbord.

MakersMark ·

Goed gedoen ? Eerder verinneweer. Laaities of nie. Al nulle is die WP se bankrekening en trofeekas.

MakersMark ·

Ag piet daar agter die pale op ‘n bekende rugbyveld in Pretoria lê ‘n pap getrapde disa tussen die bulmis. Volgende seisoen kom dan is dit weer probeer.

Henkb ·

Ek hoop jou suurgeit is nou oor na daardie kinderagtige stelling…

piet ·

Waarskynlik maar hy sit ook met hordes ervare, gekoopte spelers. Ek sien Bismarck word ook alweer gekoop.

MakersMark ·

piet dis ‘n professionele game. WP koop nie spelers nie want hul is bankrot agv patetiese gestuur. So wat kom eerste, kry geld om te koop deur te begin wen of begin wen en kry geld om te koop ? Dis wat goeie bestuur regkry – albei. Bulle het een seisoen geneem om regte gestuur, borge, spelers en afrigting span te kry. En wen elke beskikbare beker in SA afgelope 2 seisoene. WP Unie se bestuurstyl en bankrot mentaliteit herhinner aan die van ‘n anc munisipaliteit van ‘n klein plattelandse dorp…….lyk of SA Rugby die gesukkel nou onder administrasie wil plaas hul is keelvol vir die binnegevegte.

piet ·

Dis waar dat WP se bestuur ‘n gemors is maar die Bulle se sukses moet ook maar grootliks toegeskryf word aan die groot gros aangekoopte spelers. Vir my vat dit iets weg van die Bulle se prestige as ‘n span wat met “home grown” talent kan spog, maar nou ja. Ek sou nie so tekere gegaan het as daar so baie huursoldate in my span was nie.

MakersMark ·

Piet WP het baie beter home grown talent en beter voedings bronne van spelers mbt top universiteite en skole.

piet ·

As jy die geld het om ‘n hele nuwe span te koop, hoef jy nie juis iets anders te doen om te begin wen nie. Any fat tourist kan so ‘n gekoopte span afrig. So ek sou nie te liries raak nie. Toets sal wees hoe hulle sal vaar in die Europese reeks, ons weet mos nou ons CB- standaard is maar pateties. Om die beste te wees van ‘n algehele, treurige spulletjie beteken nie jy is goed nie.

MakersMark ·

Piet en as WP geld gehad het en gekoop het en alle lokale trofee gewen het sou jy begin het om hul te kritiseer agv hul strategie ? Komaan ons weet mos dit werk nie so nie…..

piet ·

WP sal nie hul siel uitverkoop om skaamteloos ‘n hele nuwe span te koop nie, al het hulle ook al die geld in die wereld. Dit kan ek jou waarborg, WP het ‘n trotse rekord van spelersontwikkeling. Dis die verskil tussen ‘n tradisieryke, trotse, bakermat unie en die $bulle en $harks. Ek kan amper nie glo hoe geredelik stoere Bulle ondersteuners hierdie massa-gekopery van ander spelers net so aanvaar nie. Geen skaamte nie en dan nog daaroor te spog ook. Eish.

MakersMark ·

Bring maar Sport Pienaar terug – SWD, Grens, Suid Oostelike Distrikte, Boland, Verre Noord Transvaal en WP.

N ·

Piet. Jy mors jou tyd met kommentaar. Jy sal altyd n oppervlakkige blou bull antwoord kry op al jou kommentaar. Dis vir die blou bull ondersteuner n groot vreugde om n ander SA span anders as hulself in nood te sien. Ons behoort almal saam te staan. Ons is wel huidige wereled kampione. Ja wp speel swak, ja wp se bestuur is swak. Wp het wel n kans gehad vir n groot finasieele inspuiting, maar gelukkig is hulle nie “sell-outs” nie. Sit alle provinsies op n gelyke speelveld finasieel en dan sien jy wat gebeur. Bulle is baie uitgesproke or die Wp. Uit hulle laaste 4 kapteine was 3 Wp manne ( Duane, Carr en Brits). Wys jou waar word die ware leiers gemaak. Wp en sharks het ook groot bydrae tot die bok span. Bulle het 2, Morne Steyn wat in een wedstryd 10min gespeel het en n skop oor geskop het en tor die glorie van n hele reeks kry en Nyakane met 4 goeie skrums. Ek wag vir kommin-taar bulle

piet ·

Ek sien Stormers se eerste wedstryd in die Europese reeks is teen die Bul-slagters, Treviso. Bulle teen Leinster. Word ons spanne enigsins versterk met spelers wat gewoonlik oorsee speel? Indien nie, is dit nag dink ek.

MakersMark ·

piet ek dink die WP slagters die bulle het beter kanse as die WP self.

piet ·

Ek huil my dood as Stormers met 50 punte verloor teen ‘n Italiaanse span. Hoop werklik nie dit gebeur nie.

piet ·

Ek dink Bulle sal nog so 10 spelers moet koop om met minder as 30 punte teen Treviso te verloor.

MakersMark ·

Wat ookal piet dink die WP moet ‘n nuwe span koop net om die bulle te klop maar hul het nie geld nie…..lag ek my nou pap.

Kerneels ·

Ten minste het die Bulle geld om dit te doen. WP kan nie eers sy bestaande spelers betaal nie!

N ·

As hulle nog so 5 Wp spelers koop verloor hulle dalk met minder. As hulle nog 10 koop wen hulle dalk nog

MakersMark ·

Reeds gesê bulle sal nie spelers koop wat hul visie en waarde sisteem ondermyn nie so huidige WP spelers is veilig by WP……behalwe die wat reeds vertrek na oorsese weivelde want WP kan hul nie bekostig nie. Trokkie is reeds weg. Ander gaan volg. Watse snert is die “minder verloor meer wen”. Het reeds wp pap gespeel afgelope 2 jaar. Schuster het ‘n lied geskryf vir WP jare terug. Dink dit bevat “die Currie cup kom weer” frase…..hy was versigtig om nie te sê wanneer nie……

MakersMark ·

Van die kolonie se ondersteuners het darem heavy suur druiwe……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.