Foto’s: Herrie oor Bokke se Wêreldbeker-truie

Die Springbokke se trui vir die komende Wêreldbeker. Foto: Facebook.

Die Springbokke se trui vir die komende Wêreldbeker in Japan is vandag bekendgestel en dit was omtrent ’n deeglike proses.

Die trui word deur Asics vervaardig en hulle het saam met die Bokke meer as 10 verskillende weergawes en 30 verskillende materiale getoets voor hulle die regte trui-doepa gevind het, terwyl onderhoude met die spelers ook hul voorkeure in ag geneem het.

Die hoof- uitvoerende beampte van SA Rugby, Jurie Roux, is gaande oor die trui.

“Dit is ’n reusejaar met die Springbokke wat poog om hul derde Wêreldbeker in Japan te wen,” het Roux gesê.

“Selfs die kleinste detail is belangrik in die Bokke se poging om die silwerware te wen. En dit sluit Asics se harde werk om die mees gevorderde trui te ontwerp in.”

Die klerevervaardiger het die trui as “onstuitbaar” gedoop omdat spelers hoegenaamd nie ingeperk voel nie.

Tendai Mtawarira het gesê die trui bied die perfekte balans tussen “sterk en vinnig”, terwyl dit alle verwagtinge oortref wat gemak betref.

Tog is talle Bok-ondersteuners warm onder die kraag oor die trui se ontwerp. Op die vooraansig van die trui is die WB-logo op die regterbors, Asics se kenteken in die middel van die trui en die protea sit bo die spelers se harte.

Die springbok – wat al sedert Paul Roos se dae die trots van die Groen-en-goud was, sit op die spelers se linkermou.

Op sosiale media het talle ondersteuners hul misnoeë met die ontydige boksprong te kenne gegee.

Van die kommentaar op sosiale media is: “Waar is die springbok? Moet ons hulle nou die Proteas noem?”; “So, die borg het hulle gedwing om die springbok op die skouer te plaas … die borge het ons trots weggeneem. Teleurgesteld.”; “Die Bokke? So, waar presies is die bok-embleem? Dit is pateties.” en “Herontwerp asseblief die trui, die springbok-logo moet onder die Asics-logo wees.”

Die 2011-trui het ook die bok-embleem op die linkerskouer gehad. Foto: Facebook.

Asics het selfs op Twitter geantwoord en gesê die springbok is inderdaad op die spelers se linkermou, soos wat die WB-regulasies stipuleer.

Die 2011-Boktrui – wat deur Cantebury ontwerp is – het inderdaad die springbok op die linkermou gehad, sowel as die Asics-trui van die 2015-WB.

Ondersteuners van die Springbokke is ook ongelukkig oor die grootte van die embleem.

  • Die trui is van môre af teen R750 beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

bloues ·

Hier word verwys na springbok ondersteuners. Is daar werklik mense wat die bokkies ondersteun?

Willie ·

Neewat vandat meriete nie meer vantoepassing is nie voel ek vere vir die kwotabokke!

Godfried ·

Nee wat ek ondersteun al van lankal nie meer ons rugby nie, die Nasionale span is lankal nie meer n springbok span nie, ek sou dit dan eerder n sitbok span noem.

thea ·

ag so word alles wat dierbaar is vir ons weggevat
daar bly nie veel oor nie,net ons geld is wat hulle belangstel in
sal hom glad nie eers oorweeg om te koop nie

NNNN ·

Ag nee wat ek het altyd die SPRINGBOKKE ge ondersteun ek gaan versekse nie die PROTEAS ondersteun nie ken hulle nie so is nie vir my die SUID AFRKAANSE span nie, is seker die ANC se span of so iets

Theuns ·

En is die ander spanne se emblem ook op hulle moue, of op die voorkant van die trui? Is dit die protea span of die Springbok span?

pvr ·

Daar was in verlede gesë dat die protea net tydelik is en die SPRINGBOK NOOIT sal verdwyn nie!
Wat nou?

Andreas ·

Jy weet so goed soos ek hulle het ons daai tyd al gepaai. Cyril doen dan vandag dieselfde, en kyk hoe glo ons hom nog steeds.

Judge Dredd ·

Nes Multichoice/Toyota.

Die Sprinbokke se waardes van BEE spelers kies Bo spelers van verdienste, strook ongelukkig nie met my eie nie.
Dus ontrek ek my geldelike ondersteuning aan hierdie span.
Dankie

Leon Strydom ·

Ag nee wat. Lankal opgehou om hulle te ondersteum. Die spulletjie wat kamma springbokke genoem word verdien nie om n ware springboktrui van ouds te dra nie so karring maar aan. Hoop Japan gee julle weer n hengse pakslae!

piperno ·

Die springbok-logo was eers op die bors, nou op die skouer en een van dae sien ons dit op die agter kant van die broeke en dan onderbroeke, en dan is die springbok weg.

JG ·

Sien julle ENIGE van die ander lande wat hulle wapen op enige ander plek vertoon as voor op die bors ? “I rest my case”.

Patch ·

Ek is ‘n rugby ondersteuner maar is dit nou regtig iets om ‘n herrie oor op te skop. Kom ons hoop eerder dat die Bokke se speel vernuf van die hoogste gehalte sal wees as om te kerm oor ‘n springbok embleem op ‘n mou. Gelukkig is die truie nog groen en goud… Sterkte aan julle manne, hou SA se naam hoog.

Judge Dredd ·

Ek neem aan DIE MANNE wat ja gestem het sodat hulle Rugby kan kyk en sodoende hulle eie mense se toekoms in gedrang gebring het – sal seker met jou saamstem.

Phillie ·

Ek aan die anderkant hoop hulle verloor al hulle wedstryde

Feitelik ·

Die springbok was inderdaad al van 2011 nie op die voorkant van die WB truie nie…

Hendrik ·

Ek bly lekker in S.A. Ons is veilig en steur my nie aan kleinigheid soos AA, BBE, kwotas en springbok embleem nie. DSTV en Ghoemas pla nie veel nie en so ook nie die verkiesing nie. Belangrikste is ons eie gemeenskap en die volhoubare toekoms daarvan. Met prioriteite in die regte volgorde kan gemeenskappe weer die toekoms aanvat en uitbou. Maak jul keuse en beweeg aan.

Swartwolf ·

Dis die einde van die Bokke, nie net as ‘n krag vir 130jr in wereldrugby nie maar ook as ‘n “brand”. Maar beter so dat die Bokke nie meer so verneder word deur om teen Japan, Italie en binnekort Samoa en Fiji te verloor nie. Die spul kwota spelers in hul trotse Protea hempie kan maar daai vooreg he. Soos sokker – of Bafana Banana nou wen of verloor wat maak dit tog eintlik saak ? Maar die spul narre sal nooit die ware nie – kwota bokke van die verlede kan nadoen nie. Daarvoor is hulle te lig in die broek en heeltemal te onbevoeg.

Nic ·

Gelukkig pla dit my nie. Hulle behoort die Bokkie heeltemal af te haal, want die Bokkie is ‘n kenteken wat uitnemendheid aandui. Die span word volgens kwotas gekies en is dus nie die beste beskikbare span nie.

Carel ·

Dit gaan glad nie oor onnodig kerm nie
Dit is maar net nog n manier en bewys hoe hulle die padda kook
So word alles stadig en subtiel weggeneem

Johan.L ·

Hulle kon die Springbok in die protea se plek gesit het.Die protea kon op die mou geplaas word.Hulle wil net so stadiaan van die Springbok ontslae raak dit is al.

Koos D ·

Die bokke is lankal nie meer bokke nie, dit gaan nie meer oor patriotisme en eer nie, maar oor die “brand” en hoeveel geld hulle kan maak. Ouens soos Jogie Jansen moes destyds sy eie kortbroek en stewels verskaf om vir die bokke te speel.

Johan.L ·

Hulle kon die Springbok in die protea se plek gesit het.Die protea kon op die mou geplaas word.Hulle wil net so stadigaan van die Springbok ontslae raak dit is al.

JohanL ·

Dit lyk my die gemiddelde ondersteuner het meer passie en voel meer oor die Springbok embleem as die spelers self? Hulle wil seker nie onnodige roeringe veroorsaak nie – netnou is hy sy plek kwyt in opdrag van die Minister van Sport(s).

Hoekom kla jul blankes? ...Ai ·

Maar dit is presies wat die span werd is mense!!! Blankes moet nou maar aanvaar dat die Springbok dood is en al meer opsy geskuif word..Dit was nog altyd hul plan so hoekom ondersteun jul blankes dit nog en betaal ten duurste daarvoor??? ! Dit is volgens my n goeie ding aangesien die kwota beleid nie die beste spelers op posisie speel nie en niks anders is as geforseerde rassisme nie en dit wys soos die eens trotse Springbokke nou werfbokke afgeskuif na waar nou weer op die wereld ranglys..??? Ja dit is hartseer die einde van n trotse era maar laat die oud Springbok met trots gaan le hy verdien dit sodat die onbevoegde lot nie verder die naam deur die modder sleep nie! Ondersteun sal ek hulle nie weet dit maar verseker!
Kyk ons almal wat n blanke is in Suid Afrika weet ons word uit gewerk stap vir stap as dit kom by taal ,kultuur ,grond, bestaanreg ens… Al daai partye soos die DA wat se hul sal staan vir jou taal praat bollie man hul voel vere hul gaan net jou naive stem gebruik om jou as kanonvoer te gebruik..Maar in elk geval laat hul die proteas wees …dit pas hul…wat het jul anders verwag mense …stadig maar seker draai hul die hitte op….tot hul eie verlies…

DR ·

Puik gese,, hoekom kla jul blankes,,,, laat die bok rus. Ek ondersteun Wallis en All Blacks, laat die BOK rus.

barend v d westhuizen ·

daar om ondersteen ek hulle al lank al nie meer nie wand dit is nie in springbok span nie

Leon ·

Daar is niks verkeerd met die truie nie, behalwe dat hulle die Springbokkie ook maar kan weg vat. Dit is “afterall” nie Springbokke wat gaan speel nie, want vir die Springbokspan is keurders veronderstel om net die beste te kies, en die wat hulle deesdae kies, is die sous nie werd nie.
So wel gedaan, laat die Springbok embleem eer verskaf aan almal wat dit deur die jare verdien het en nie net gekry het soos meeste deesdae nie.

Dawie ·

My magtig, die stadiums is leeg, spelers gaan soek beter weivelde want die geld is te min. Dit sal nie onder hierdie korrupte regering verbeter nie. Burgers van ons land wat slim is moet gaan waar die geld is. Dis vir hul eie gewin.

Boet ·

R750 vir n protea trui nee dankie wil dit nie verniet hê nie. Sal dit vir n egte Springbok trui betaal.

LR ·

Dis ironies dat na die span verwys word as die Springbokke en die trui as die springboktrui maar daar word net n klein bokkie op die mou weggesteek. Die ander embleme wat nie regtig verteenwoordigend is van die Springbok span nie word lewensgroot vertoon.
Miekien moet die span herdoop word na die kwagas want hulle is n uitgestorwe spesie. Ek het n vermoede die rugby Sprinbokke gaan ook na n aantal jare n uitgestorwe span wees.

Tienie ·

Noem hulle asb Protea’s WANT daar is geen SPRINGBOK op die trui nie.

Wel. Ten minste kon die BOKKE darm Rugby speel EN WEN.

kolla ·

Ook maar net 66% wenpersentasie gehad, glad nie so onoorwinlik soos ons ge”brainwash” was om te glo nie.

Swartwolf ·

Kolla die Springbokke het vanaf 1891 – 2007 ‘n wenpersentasie van 67%. Vanaf 2007 met die kwota era tot nou is die wenpersentasie 64%. So dit gaan duidelik agteruit. Wonder waarom ??

Ai. ·

All yours kolla of bolla of tolla of bollie wat jou naam ookal mag wees all yours….Nes alles in Suid Afrika verval alles waar kwotas betrokke is..En so sal jy die vrot vrugte daarvan pluk met n wanfunksionerende chaotiese land op elke vlak..All yours en geniet hom….jy verdien hom…

Jan ·

kolla: In die vervloe dae het die Springbokke miskien net 67% gewen. Hedendaags word baie meer toetse gespeel en dan help dit ook dat daar teen spanne soos Argentina, Italia, Japan (vergeet amper die Japs het mos die bokke in die laaste WB geklop) en diesmeer speel wat die wen persentasie hoog te hou

Kiewiet ·

Dis nie in Springbok trui nie dis in Protea trui. Maar daar gaan seker baie wees wat hom gaan koop. Sal hom nie eers gebruik om my kar se enjin mee te was nie,

RD ·

Gister op die bors. Vandag op die arm. Volgende keer: Weg. Die pot kook en die paddas swem lekker. Sal nie daardie trui koop nie, selfs al was dit R50.00. Noem hulle maar die Proteas. Of Blombakke. Alles van waarse is omtrent alreeds weggevat van ons af…

Andreas ·

MAAR, daar is nuus vir julle, ons sport is nog nie klaar getransformeer nie, dit nou per onse minister die afgelope paar dae. Kul jou hier kul jou daar en siedaar, weg is die bok.

MAAR, ons het dit mos al vir paar jaar sien kom, so, vir die wat nog ‘bok’, skuus Protea rugby kyk, is die boodskap; “Vat jou goed en trek Ferreira, vat jou goed en trek ……. ”

Goeie geleentheid dus om van DSTV se top pakket ontslae te raak, want daar bly nou net tennis oor wat die moeite werd is, en hoeveel keer ‘n jaar is dit?

Japan Italy ·

Kyk maar hoe lag die All Blacks na die wedstryd vir die proteabokkies!

willem Botha ·

Ek gee regtig nie om ek ondersteun rugby glad nie meer vir 2 jaar al

Johan Pretorius ·

Aaklige klere. Snaakse groen wat nie pas nie. Pas by die nuwe SA wat n gemors is. Die kanse dat SA weer n Wereldtitel sal wen is maar skraal.

Boer-in-die-Wind ·

Het jare terug opgehou om die Springbokke (en krieketspan) te ondersteun. Sal dit dalk weer oorweeg as en indien sport kwotas op alle vlakke van sport verdwyn het. So ek neem aan nooit!

Swartwolf ·

Al die navorsing en geld op die trui spandeer die All Blacks sal in ‘n t hemp en kortbroek speel en hulle nog met 20 klop.

JohanL ·

Jip – en al speel hulle in daai aaklige tekkies wat ons in die Weermag op Woensdagmiddae gedra het :) :) :) LOL

Conrad ·

Volgens my is dit World Rugby se reels dat geen international span se embleem gedurende rugby world cups op die bors mag sit nie. Ek mag vekeerd wees.

kolla ·

Dis ‘n vereiste dat die wereldbeker logo op die regterbors sit. Ons nasionale sport embleem is die protea so daar is nie plek vir die bok op die bors nie. Australie het dieslefde storie. Daar gaan nie plek wees vir die wallaby op die trui nie

Swartwolf ·

Beter dat die springbok afwesig is. Dit is nie meer die beste beskikbaar span nie maar so gekwota dat die span nie verdien word om springbokke genoem te word nie. Al die geld en navorsing vir die stukke new south africa lap die All Blacks sal in ‘n kortbroek en tshirt speel met kaal voete en nog steeds die kwotaproteas pap speel.

Christo ·

Al betaal hul my om daai gemors te dra sal ek dit nie eers doen nie. Wie gaan nog vir daai ding betaal?

Smirre ·

@Kolla: kry jou abacus. Jy is verkeerd. 67% wenpersentasie 1891-2007. 2008-2018 64%. Kwotas eis sy tol. Gaan kyk wenrekords van toets spanne. Bokke nog steeds 2 de beste na All Blacks van spanne wat in top 10 toetsrugby speel. All Blacks eerste. So 67% was fantasies en 64% wys hoe hulle agteruit gaan agv KWOTAS. Proteas en al lanie.

kolla ·

Waar’s ek verkeerd ouboet? Ek het bloot ‘n stelling gemaak dat die Bokke van ouds glad nie so fantasties was met ‘n 66, iets% rekord nie. Wat is die Bokke se wenpersentasie vanaf datum van hertoelating (1992 tot 2007)?

Charl ·

Ek neem aan die rede vir die protea op die bors nou is omdat die springbok te wit is. Dan moet hulle dan die Swart springbok opsit. Dit bestaan wel ma ek glo nie hulle weet dit nie

Andreas ·

Kom ons veronderstel Dok Danie Craven, Hannes, nog ander van daai tyd, Jannie Engelbrecht, Frik, Dawie Snyman, Carel, ag noem almal op, Naas, Joost, die wérklike Bokke, sou met so ‘n trui op die veld draf.

In jou lewe!

Vandag is dit net ‘n naam, daai tyd het die springbok se bloed deur hul are gepomp.

En vandag?

Andreas ·

Kom ons veronderstel Dok Danie Craven, Hannes, nog ander van daai tyd, Jannie
Engelbrecht, Frik, Dawie Snyman, Carel, ag noem almal op, Naas, Joost, die wérklike
Bokke, sou met so ‘n trui op die veld draf.

In jou lewe!

Vandag is dit net ‘n naam, daai tyd het die springbok se bloed deur hul are gepomp.

Jabram ·

Daai is nie ń Springbok trui nie.Dit is duidelik ń Protea lappie. Sal nie 5 sent daarvoor betaal nie.En so word alles wat goed en mooi is stukkie-vir-stukkie weggeneem om die linkse anti-Afrikaner/blanket agenda te paai.

Andreas ·

Die streep is nou in klip gegraveer, dit kan almal mos nou sien, duideliker kan dit nie, uiteindelik het hulle hul ware hand gespeel, so pas aan of beweeg aan.

Stop gaan hulle nie, maak die besluite in die beste belang van jul kinders en die nageslag.

Dit is in jul hand alleen.

Petrus ·

Interessant dat mense verwys na “Kla,” oor die Bok wat weg is. Hoekom noem julle dit kla? Is dit geregverdig dat alles in SA deur rassiste van Sport ondersteuners en ook rugby weggeneem word? Raak eerder patrioties en staan vir julle regte eerder as om so rugraatloos te wees en die Borge en ANC toe te laat om ons trots af te breek.
Hou op om die borg se klere te koop en moenie die trui koop nie!
BOIKOT hulle! Dit is wat ons moet doen, want te veel borge begin Afrikaans en ons trots te verneder met hulle boikotte – Boikot hulle wys hulle wie is baas!

Johhnie ·

n Regte gemors. Sal net die groepfase haal. Ondersteun lankal nie die ANC span nie. kyk slegs na 6 nasierugby en All Blacks.

Mieliestronk ·

Ek stel voor laat ons Petrus se voorstel volg En as die proteas hier speel vat jou brandstof en kaartjie geld gaan koop n goeie stuk vleis speel n cd van jou keuse braai die vleis en geniet dit Ons Afrikaners verraai mekaar en dit is omdat ons so behandel word en mag niks in die land geniet nie Soos Jurie Roux gaande oor die protea lap verraai sy mense. Hy is die hoof en kan mos opstaan vir die springbok. Een woord Boikot. As ons niks mag geniet nie in die land nie is die Afrikaner se geld ook nie goed nie

Pieter ·

Vervang die protea met ‘n kaktus. Dit sal meer verteenwoordigend wees. Haal ook die bokkie heeltemal weg want hulle verdien nie om springbokke genoem te word nie. Hulle sal nerens kom in die wereldbeker nie.

Wesley ·

O heerlikheid mense, die laaste twee wereldbekers is die Bok geskuif na die mou toe, en dan weer terug na die bors wanneer dit gewone toetse gespeel word. Dit is dieselfde vir die Wallabies met hul nationale sport of rugby embleem op die bors en dan die Wallaby op die mou. Alweer gaan die mense tekere asof hul altzheimers het of iets. 10 jaar gelede al so anvaar!

Die nationale sport embleem is n protea, die springbok gehou vir die nationale rugby span en sodoende die Bokke. Hoe kan mense so vergeet en nog kla 10 jaar na die instelling van die nationale embleem.

Andre ·

Wesley, jy is heeltemal reg. Ek kan nie glo dat mense nou nog kla oor soiets nie.

SjN ·

Vervang die springbok met n sitbok, dit weerspieel sommer ook die samestelling.

Lekker lag ·

Dis nou die beste comment van die hele lot. En uiters akkuraat.

humor ·

Dit is maar nou klaar Ons behoort noual verseker te wees dat die Springbokembleem nie meer lank daar sal wees nie. Kommunistiese oorname so subtiel en stelselmatig as moontlik. Die steunpilare wat tot volkseie en trots dien, moet weggeneem word. Die volk moet magte loos gelaat word sodat daar so min as moontlik teenstand gebied word..

Frans C ·

Soos alle goeie bevrydingsbewegings ly die ANC ook aan selektiewe geheue verlies,want:
“Anti Apartheid Movement (AAM) 197125 May 1971
With special reference to the campaigns in Britain by the Anti-Apartheid Movement
Paper prepared for the United Nations Unit on Apartheid in 1971.
The moral position is absolutely clear. Human beings should not be willing partners in perpetuating a system of racial discrimination. Sportsmen have a special duty in this regard in that they should be first to insist that merit, and merit alone, be the criterion for selecting teams for representative sport.
Indeed non-discrimination is such an essential part of true sportsmanship that many clubs and international bodies have express provisions to this effect. For example, the first fundamental principle of the Olympic Charter states: “No discrimination is allowed against any country or person on grounds of race, religion or political affiliation”.

Toe die perd sy doel gedien het klim die ANC af en doen presies die teenoorgestelde.

Sarel ·

RIP My geliefde Bokkie: Jurie??? geslaag daarin om rugby te vermoor. Julle gaan slae kry in die Wereldbeker want julle speel sonder moraliteit.

Piesang ·

Die Protea Vyftiental. Mmmm… Miskien moet die goud met pienk vervang word. Sal die protea mooi komplimenteer dink ek… En die wit broekies met een swart pyp, dan kan hulle dalk die Half Blacks heet. Maar op ‘n ernstige noot – ek hoop regtig ons hoef nie weer teen Japan te speel nie. Eks nou nog broos!

Felix ·

Staan, sit, kniel, kruip, dis omgekeerd van kleintjies wat eers leer kruip, dan …. ens….

Piesang ·

So maklik om so te praat as jou kop onder die grond is! Jou siening sal vinnig verander as jy deur realiteit getref word!

Goeienag ou Grote ·

Regstelling:

…Die Silwer Varing, die Wallaby, die Roos sit op almal se harte (van dié lande se truie vir die Wêreldbeker)!…

Jan ·

Indien dit die WB-regulasie is om die Sprinkbok op die arm te plaas, waarom is die All Blacks se silwer varing op die linker bors?
Wonder maar net

Ai.. ·

Want hulle kan rugby speel ..Dit is soos n millitere rank jy sien…Net die beste mag hul rank met trots dra…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.