Foto’s: Leeu-treurmare duur voort

Ashlon Davids se wendrie. Foto: GB Jordaan.

Die Leeus was gister op koers om hul eerste Curriebeker-oorwinning van die seisoen te smaak, maar toe kom bederf Griekwas hul partytjie.

Ashlon Davids se drie in die doodsnikke van die wedstryd het beteken dat die Kimberley-manne uiteindelik die ontmoeting met 23–17 by die Universiteit van die Witwatersrand gewen het.

Net ’n minuut of wat vantevore het die tuisspan nog ’n voorsprongetjie van 17–16 geniet nadat hulle ’n rustydagterstand van tien punte uitgewis het.

Dit is Griekwas se vierde oorwinning van die seisoen, terwyl die Johannesburgers vanjaar nog nie een Curriebeker-wedstryd kon wen nie.

GB Jordaan was daar om die aksie (en die wendrie) vas te vang.

  • Puntemakers:

Griekwas: Drieë: Munier Hartzenberg en Ashlon Davids. Doelskoppe: George Whitehead (2). Strafskoppe: Whitehead (3).

Leeus: Tiaan Swanepoel en Boldwin Hansen. Doelskoppe: Swanepoel (2). Strafskop: Swanepoel.

  • Jongste Curriebeker-punteleer:
  1. Blou Bulle: 32 punte
  2. Cheetahs: 26 punte
  3. Haaie: 24 punte
  4. Griekwas: 20 punte
  5. Pumas: 15 punte
  6. WP: 8 punte
  7. Leeus: 3 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.