Foto’s: Rugbyspanne is weer superhelde

Die Bulls is weer eens Captain America. Foto: Twitter.

Die vier Suid-Afrikaanse Superrugby-spanne sal weer eens in 2020 hul superheld-monderings aantrek.

Die Bulls (Captain America), Stormers (Thor), Lions (Spider-Man) en Sharks (Black Panther) sal op 19 Januarie 2020 weer die “super” in superrugby sit wanneer hulle mekaar op Super Sondag op die FNB Stadion pak.

Die Sharks en die Stormers sal om 13:00 kragte meet, terwyl die Bulls en die Lions om 15:15 teen mekaar speel.

Kaartjies vir dié wedstryde is van vandag (29 November) by Computicket landswyd beskikbaar.

  • Die amptelike Superrugby-seisoen begin op 31 Januarie wanneer die Bulls teen die Sharks in Durban speel.

Op 1 Februarie speel die Stormers teen die Hurricanes in Kaapstad, terwyl die Lions teen die Jaguares in Buenos Aires sal kragte meet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

kobie ·

Rugby is nie meer groot in SA nie so speel op sondag ,kersdag net waneer en waar julle wil

pieter ·

Kobrie, stem saam. Nou vra ons waarom die droogte. die nuwe god sport moet voorrang kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.