Foto’s: WP klink Leeus se Curriebeker-doppie

Die WP het die Leeus met 35 – 13 geklop. Foto: Hansie Linde.

’n Kragvertoning deur die Westelike Provinsie se Evan Roos het toegesien dat die Kapenaars die Leeus met 35–13 geklop het.

Die 21-jarige oudleerder van Paarl Boys’ High het twee van die Streeptruie se vier drieë gedruk en hul bonuspuntsege beteken dat hulle nou derde op die Curriebeker-punteleer is.

Daarteenoor was die Leeus swak op verdediging en hulle het hopeloos te veel foute op die aanval gemaak. Hulle het tans 24 ligapunte ná 11 wedstryde en hulle kan nie meer vir die uitspeelrondes kwalifiseer nie.

  • Puntemakers:

WP: Drieë: Evan Roos (2), Godlen Masimla en Andre-Hugo Venter. Doelskoppe: Tim Swiel (3). Strafskoppe: Swiel (3).

Leeus: Drie: EW Viljoen. Doelskop: Jordan Hendrikse. Strafskoppe: Hendrikse (2).

  • Curriebeker-punteleer:
  1. Blou Bulle 44 punte ná 11 wedstryde
  2. Haaie 35 punte ná 10 wedstryde
  3. WP 30 punte ná 10 wedstryde
  4. Pumas 28 punte ná 10 wedstryde
  5. Griekwas 28 punte ná 10 wedstryde
  6. Cheetahs 26 punte ná 10 wedstryde
  7. Leeus 24 punte ná 11 wedstryde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andrew ·

Maar soos daai een kommentator tekere gaan oor Jordan Hendrikse elke keer as hy aan die bal vat sal jy sweer die Lion kan nie verloor nie.

Kathleen ·

Die lekkerste nuus om te lees ! Welgedaan WP julle is ysters ! Ek kan met trots sê “Dit is my span daai “

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.