Frans Steyn sluit aan by Bokgroep

Frans Steyn – reeds by die Bokke op Plettenbergbaai (Foto Twitter #Montpellier)

Frans Steyn, die veelsydige Springbokagterspeler wat in die reeks teen Frankryk die eerste keer sedert 2012 weer in ʼn toets sal uitdraf, het Woensdag by die Bokke se oefengroep in Plettenbergbaai aangesluit.

Steyn het Saterdag nog vir die Britse Barbarians teen Engeland gespeel.

Sy aankoms is vir heelparty rugbyskrywers ʼn groot verrassing. Hulle het aanvaar  dat hy eers aanstaande Woensdag sal opdaag en dus nouliks vir die eerste toets die daaropvolgende Saterdag, 10 Junie, oorweeg sal kan word.

Steyn het reeds in 53 toetse gespeel  en was die jongste speler in die span wat in 2007 die Wêreldbeker gewen het.

Die ander drie senters in die groep is Jan Serfontein, Jesse Kriel en Damian de Allende.

♦  Dit is ook onwaarskynlik dat Duane Vermeulen, wat Sondagmiddag laat nog in die Top14-eindstryd speel, voor laat Dinsdag by sy spanmaats sal kan aansluit. Dit is dus te betwyfel of hy in die beginspan sal wees.

♦  Intussen het die SA keurders vir Lwazi Mvovo en Ruan Ackermann opgeroep in die plekke van Lionel Mapoe en Chris Cloete in die SA A-span.

Mapoe is verlede week na die Bokgroep bevorder nadat Lukhanyo Am met ʼn gekraakte wangbeen onttrek het, en Cloete is vir die SA A-span se eerste wedstryd teen die Franse Barbarians nog geskors.

Waarom Mvovo, ʼn vleuel wat Vrydag 31 word, in ʼn senter se plek gekies is, maak nie sin nie. Wat van EW Viljoen of Burger Odendaal?

♦  Die SA A-span speel op 16 Junie in die Moses Madhiba-stadion in Durban en ʼn week daarna in die Orlando-stadion in Soweto teen die Franse Baabaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

piet de Jager ·

Ja, Wim. Ek stem volkome saam. Dis maar net weer die ou siekte in SA Rugby wat kop uitsteeek: Kies spelers uit posisie: Mvovo op senter. Is Frans Steyn nie eintlik ‘n losskakel nie?
Wie weet, dalk moet Ruan Ackerman nog op stut sak vir die A-span!!

Nico K ·

Ek steun nie Lwazi Mvovo se keuse nie, maar Burger Odendaal is te stadig en hoewel dit lyk of E W Viljoen talent het, sien ek hom niks doen vir die Stormers.

Hansie ·

Ons afrigter begin al weer gryp na strooihalms… Hier kom ‘n helse pakslae…

job jobson ·

Hansie hou op met jou jou negatiwiteit teenoor AC of is jy JALOERS!!!!!!!!!!!!!!!

Paul ·

Ek stem saam met Hansie! Waar is die manne wat op vorm is???

Hansie ·

Ek is verskriklik jaloers… meer op sy salarisstrokie as sy wenrekord wel.

Christo Visagie ·

Mooi gesê,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,om jaloers te wees op AC is lagwekkend,,,,,,,,,,,,,,,,ek is eerder Mr Bean as AC.

Paul ·

Kom ons begin nie eers oor die salaris praat nie!! Ek verdien minder as n’ tannie wat Oreo’s verkoop by n’ Bakers Mini Krieket Game!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.