Franse blaas drie van SA se ses in Rugbykampioenskap

Romain Poite – een van vier Franse en beslis nie Suid-Afrika se gunsteling nie. (Facebook Romain Poite)

Suid-Afrika se skeidsregtersdroogte loop klaarblyklik hand-aan-hand met die vertonings van die land se nasionale span.

Net Jaco Peyper van Suid-Afrika is aangewys om ʼn wedstryd, en ook net een, in Sanzaar se Rugbykampioenskap te beheer.

Die skeidsregtersdroogte in die vier Sanzaarlande word onderstreep deur die enkele wedstryd elk wat aan Nieu-Seeland se Glen Jackson en Ben O’Keefe, en Australië se Angus Gardner toegeken is.

Dus word net vier van die 12 wedstryde van die Suidelike Halfrond se belangrikste kompetisie deur skeidsregters uit die Sanzaarlande beheer.

♦  Wat ʼn mens stomslaan, is dat nie minder nie as drie Fransmanne, Pascual Gauzere, Romain Poite en Mathieu Raynal, elk vir een wedstryd, aangestel is en Jérôme Garcès vir twee.

♦  Die Franse sal drie van Suid-Afrika se ses wedstryde in die reeks beheer.

Poite, wat met sy gereelde flaters al vir ʼn riller of twee in Springbokwedstryde verantwoordelik was, is in beheer van die Bokke se eerste wedstryd in die reeks teen Argentinië in die Nelson Mandelabaai-stadion.

Gauzere is die week daarna aan die beurt wanneer die Poemas tuis in Salta weer teen Suid-Afrika speel en Garcès blaas die Springbokke se laaste wedstryd op Nuweland teen die All Blacks.

Nigel Owens van Wallis blaas in die eerste wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks in Albany in Nieu-Seeland; Jackson blaas die toets in Australië en in die stryd tussen die twee spanne in Bloemfontein is O’Keefe die man met die fluitjie.

♦  Wayne Barnes van Engeland is in beheer van die eerste wedstryd tussen die All Blacks en die Wallabies, en John Lacey van Ierland blaas tussen Australië en Argentinië in Canberra, en Peyper in hul wedstryd in Buenos Aires.

♦  Barnes beheer ook die Bledisloe-toets in Brisbane twee weke ná die Rugbykampioenskap se laaste wedstryd.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico ·

Die bokke sal maar moet speel en hoop die fransmanne rek dyspiere en kan nie voort gaan nie hulle moet weet dit is payback time jy wen nie ons nationale span nie

vrikie ·

Dis hoogtyd dat lande se rugbyunies weier om swak skeidsregters soos Poite en kie te laat blaas in internasionale wedstryde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.