Franse hof sê nee vir toetsspeler uit SA

Scott Spedding – werkloos. (Foto: Twitter)

ʼn Franse toetsspeler uit Suid-Afrika se rugbytoekoms is in gedrang nadat ʼn Franse hof ʼn dringende aansoek geweier het om sy status te wysig.

Kragtens ʼn maatreël, wat daarop gemik is om die getal buitelanders in Franse rugby in te kort, moet elke klub van aanstaande seisoen af minstens 15 spelers in sy wedstrydgroep hê wat as jongeling drie jaar in ʼn Franse rugbyakademie geslyp is.

Daar word na aanleiding van die Franse afkorting na die JIFF-vereiste vewys.

Op grond hiervan het die klub Clermont nie sy kontrak met Scott Spedding, ʼn gewese Sharks-speler wat van 2014 tot 2017 in 23 toetse vir Frankryk gespeel het, hernu nie.

Spedding, wat twee jaar (maar nie drie nie) in Brive se rugbyakademie deurgebring het nadat hy hom in 2008 in Frankryk gevestig het, het versoek dat JIFF-satus dringend aan hom verleen word.

Luidens berigte voer hy aan dat hy in die huidige omstandighede sal sukkel om ʼn werkgewer te vind en dat die bepaling hom ongeskik vir werk maak.

Die hof het nog nie oor die meriete van die saak uitspraak gelewer nie, maar Spedding het hom glo ook tot die streekappèlhof en die Europese Kommissie gewend.

Hy is ʼn Franse burger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

rollie ·

Lyk belaglik omdat hy Franse burgerskap het en reeds ‘n klomp toetse vir Frankryk gespeel het.

LR ·

Ek hoop nie die geleenthede vir SA spelers droog op in die buiteland nie want kwotas laat dit binnelands ook opdroog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.