Fransmanne kies hul WB-span

Jesse Kriel het Midi Olympique se span van die Wêreldbeker-toernooi gehaal. (Foto: Simon King/ProSportImages/DPPI via AFP)

Die gesaghebbende Franse rugbypublikasie Midi Olympique het vyf Springbokspelers in sy droomspan van die Wêreldbeker-toernooi ingesluit.

Ox Nche sal saam met Frans Malherbe dié span se skrums anker, terwyl Eben Etzebeth in die lynstane moet rank.

Nodeloos om te sê het die “Malmesbury-missiel”, Pieter-Steph du Toit, ook die uitgelese groep gehaal.

Jess Kriel is egter die enigste Springbokspeler in die agterlyn waar hy saam met Ierland se Bundee Aki die senterkombinasie vorm.

Ondanks sy komkommerkoel vertonings in die uitspeelwedstryde is Handré Pollard nie op losskakel oorweeg nie. Die Fransmanne het op Engeland se Owen Farrell besluit om op die no. 10-trui te dra.

Die All Blacks spog ook met vyf spelers – Will Jordan, Mark Tele’a, Aaron Smith, Ardie Savea en Scott Barrett – in die vyftiental.

Daar is darem plek vir een of twee Hane-spelers.

Peato Mauvaka sal tussen Nche en Malherbe in die skrums sak, terwyl Thomas Ramos op heelagter sal diens doen.

Ramos het 74 punte in die toernooi aangeteken, maar Suid-Afrikaners sal hom veel eerder onthou as die stelskopper in Cheslin Kolbe se merkwaardige afstormpoging in die kwarteindstrydontmoeting tussen die Springbokke en die Hane op die Stade de France.

Midi Olympique se span van die toernooi: Thomas Ramos (heelagter, Frankryk), Will Jordan (regtervleuel, Nieu-Seeland), Jesse Kriel (buitesenter, Suid-Afrika), Bundee Aki (binnesenter, Ierland), Mark Tele’a (linkervleuel, Nieu-Seeland), Owen Farrell (losskakel, Engeland), Aaron Smith (skrumskakel, Nieu-Seeland), Ardie Savea (agtsteman, Nieu-Seeland), Pieter-Steph du Toit (flank, Suid-Afrika), Jac Morgan (flank, Wallis), Scott Barrett (slot, Nieu-Seeland), Eben Etzebeth (slot, Suid-Afrika), Frans Malherbe (stut, Suid-Afrika), Peato Mauvaka (haker, Frankryk) en Ox Nche (stut, Suid-Afrika).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Niklaas ·

Stem saam. Smith is goed ja , maar Du Pont is een briljante speler en ietwat beter

Sobymykoolkop ·

Nee,nee wat van SA se besielende,uitsondelike, een in ń leeftyd kaptein?

Kiepie ·

Will Jordan is, ongeag se driedruk-rekord, in my oë die mees “overrated” speler in die wêreld op die oomblik. Hy lyk goed agv die spelers aan sy binnekant wat vir hom meestal ‘n oop doelyn voorsien. Instap drieë wat my ouma sou kon druk.

SwartBees ·

Owen Farewell?!?!?! Daar is baie ander en baie beter Nr 10’s om van te kies.

Wat doen Owen i.e.g so merkwaardig behalwe sy onwettige duikslae?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.