Futlose Kings klou aan voorsprong in die Baai

ep-kings-logo[1]

Die OP Kings het vasberade aangehou speel om te verseker dat hulle die SWD Arende troef in ‘n wedstryd vol foute in die NMB Stadion in Port Elizabeth. Die eindtelling was 15-9 nadat die tuisspan met rustyd met 6-3 voor was.

Die heelagter Scott van Breda het vyf strafdoele behaal en sodoende verseker dat die Kings in die tweede posisie op die puntelys eindig.

Beide spanne het kat-en-muisspeletjies gespeel en na 25 minute was dit slegs Van Breda wat punte kon bydra.

Justin van Staden het net voor rustyd drie punte vir die Arende bygevoeg en hy het in die 42ste minuut ‘n skepdoel oorgestuur om die telling 6-elk te maak.

Die Kings het met tye planloos gelyk en kon nie besit omskep in punte nie.

Van Breda het die telbord aan die rol gehou met nog drie strafdoele vir die Kings en Van Staden het gesorg dat die telling meer respektabel lyk nadat hy ‘n minuut voor die eindtoeter nog drie punte vir die Arende kon byvoeg, Die telling was toe 15-9, wat ook die eindtelling in die futlose, drielose wedstryd was.

Puntemakers:

OP Kings: Strafdoele Scott van Breda (5)

SWD Arende: Strafdoele: Justin van Staden (2) Skepdoel: Justin van Staden

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.