Gaan daar darem ʼn amptelike spanfoto van die Bokke geneem word?

Die helde van die reeksoorwinning teen die All Blacks in 1970

In die ou dae was dit een van jou kosbaarste besittings: ʼn spanfoto van die Springbokke.

Dit was in die dae toe Frik du Preez tussen 1961 en ’71 in net 38 toetse gespeel het. Ek onthou nog hoe boos ons in Pretoria was toe André de Wet in die derde toets in 1969 teen die Wallabies bo Du Preez verkies is.

De Wet was ʼn begaafde speler ‒ maar aikona, is daar in die Jakarandastad gesê, hy is Dok Danie Craven se Maties-witbroodjie en dis hoekom hy in die span is. As ek reg onthou, het ek nie in een van daardie spanfoto’s belang gestel nie, want Du Preez het nie daarop verskyn nie. Ai, ai, ai!

Jy kon destyds nie wag vir Die Brandwag, wat allerweë as die tydskrif van die huisgesin bekend gestaan het, om op sy voorblad voorbrand te maak van die spanfoto wat in die volgende uitgawe as ʼn uithaalplakkaat sou verskyn het nie.

Wanneer dit gebeur het, het Die Brandwag se sirkulasie die hoogte ingeskiet; ook wanneer daar deurtastende artikels van jou gunsteling-Springbokke was.

Wie het nie ʼn foto van Frik du Preez, Mof Myburg of Mannetjies Roux teen sy kamermuur gehad nie? Of wat van Jan Ellis, Syd Nomis, Dawie de Villiers, HO de Villiers en Tommy Bedford as jou pa jou toegelaat het?

Daar was baie keer net 15 spelers en die afrigter op die spanfoto. Mettertyd het die plaasvervangers en al hoe meer beamptes bygekom.

Wanneer die Bokke oorsee getoer het, het al 30 spelers op die spanfoto verskyn. Soms is die foto voor die vliegtuig met die oranje stert geneem met die Bokke wat in hul Groen-en-goudbaadjies en grys broeke pronk.

Nou wonder ek op hoeveel kamermure die spanfoto van die huidige Springbokspan van 43 lede, asook die rits afrigters en ander bestuurslede, sal pryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jakkalas ·

Dit sal ‘n maklike antwoord wees my insiens nie veel nie. Dit is hoe goedkoop die Springbok span/embleem geraak het.

Gustav ·

Ja hulle moet asb die Springbok van die truie verwyder, want dit is gladnie meer dieselfde nie, dinge het te veel verander en hulle kan nou enige iets anders genoem word. Stede, straat name ens. het alreeds verander so die Springbok is nie meer van pas nie. Kom ons herinder dit eerder as die goeie ou dae

Wesley ·

Jammer Gustav maar die Bok is hier om te bly. Behoort aan Suid Afrika. Die ou dae het nie n se oor als nie, dankie tog…

Piet Snot ·

Die Bokke was teen my muur; selfs die gehate Franse en Engelse wanneer hulle kom toer het.
Nóú, nou weet ek nie eens wie in die span is nie.

Gertryda ·

Ja nee almal het teen my muur geplak
Eben olivier en Dawie de Villiers was eerste morne du Plessis ook
Vandag se papier is swak kwaliteit het nog nie weer n held gehad wat die moeite werd is om teen my muur te pryk nie

Wesley ·

Die span foto word van die 23tal voor die wedstryd geneem wanneer hul aangekondig word saam met die direkete afrigting span (geen spesialis of konsultante nie), en ook nie met die hele toer of oefengroep nie. Laas jaar was dit net die 23, met die hoof afrigter en spanbestuurder – 25 mense in totaal, so die laaste sin van die artikel blyk maar soos n foefie net om komentaar te lewer op die huidige stand van SA rugby. Dalk word n paar geneem ja, maar is nie die ampetlike span foto voor n naweek nie. Ek is seker tot in die ou dae as daar n toergroep foto was sal daai vol lyk van mense wat jy nie eers daai tyd geken het nie, soos ten minste die span dokter en bagasieman ook wat nie veel waarde gehad het tot in die ou dae vir tienerseuns nie. En ek is seker indien ek gaan loer in n paar tienerseuns se kamers vandag (sal ook liewer nie, klink maar baie verdenk), sal daar n span foto of paar uitgeskeerde middelblaaie van “RugbyMag” of watookal daar geplak wees. Dalk tot met die nuwe Bok kaptein, Siya. Niks goedkoop of minder werd nie, tyd stap net aan, met of sonder n paar “bittereinders”.

Jonk ·

Ai Wesley, jy moet seker baie jonk wees en al hierdie roemryke SPRINGBOKKE het jy seker nooit van gehoor nie. Ek is ook ‘n “bittereinder”, maar ek het darem geweet hoe voel dit om absoluut trots te wees op elke BOK en hoe ek hoendervleis gekry het as Ray Mordt bo-oor iemand hardloop, Theuns Stofberg wat induik in ‘n losgemaal. Die vriendelike reus, Louis Moolman uittroon bo die res. Danie Gerber wat systap. O jammer, jy ken hulle nie, maar gaan kyk op You Tube – miskien leer jy en verstaan jy hoekom ons so voel!! Net terloops, wie is Siya??

Wesley ·

Jy is reg, ek is te jonk, maar ek ken en weet van elke liewe een wat hier van gepraat word. My oupa en my pa het lang ure weg gepraat oor die manne, en baie trots op hul wat hul bereik het. Maar n mens gebruik nie die verlede eer om die toekoms af te breek nie. As die artikel was om die verlede te eer, hoekom moet dit half sarkastiese kommentaar lewer aan die einde van n goeie herhinnerings stuk? Dis asof die ouer garde net wil neerkyk en afbreek op als nuut en vol talent wat vandag opgebring word? Hoekom? Ek sal trots wees op die verlede en net so trots op die hede.

Johann ·

Pieter
Ek het hierdie span met almal behalwe Tiny Neethling (oorlede) met handtekeninge by hulle reunie so ‘n paar jaar gelede in PE gekry. Dis kosbaar ! Hulle het ook elkeen vir Mof ‘n boodskap op my bandmasjien gestuur wat ek later in die hospital vir hom gaan speel het. Hy het dit sooo geniet.
Die spanne was destyds – lank voor TV – op die sewe uur nuus bekendgemaak. Ek onthou hoe ons in groot afwagting gesit en wag het. As Frik, Mannetjies, Dawie en Jannie Engelbrecht se name gelees was was ons tevrede ………….. ai, die heimwee na die goeie ou dae.

Johnna ·

Dit is eintlik hartseer om daaraan te dink maar Springbok rugby sal nooit wwer dieselfde wees nie.As ek die berig lees laat dit my onwillekeurig terug dink aan my kinder dae toe rugby nog rugby was en ons dit ook sommer op die sypaadjies gespeel het.My kamermuur was vol fotos en self die koerant het soms vir my van die oorspronklike fotos gestuur en was ek trots daarop.Om n foto van n rugbyspeler veral n Springbok te kon besit was jou trots.Manne soos Eben Olivier Piet Visagie Hannes Marais en dan die legedariese Frik du Preez en so is daar nog hordes.Ek wonder wie vandag nog albums van Springbok rugby maak so jammer ons bevind ons nou hier maar ek is dankbaar vir die rugby wat ek kan geniet het as jong seun en vir Oom Gerhard Viviers wat dit so mooi oor die radio vir ons tuis gebring het.

koos ·

Niks mee verkeerd om die verlede terug te roep en dan saam met jou gesin oor al die staaltjies van die verre verlede te gesels nie. Loftus Versveld word nooit uitgelaat, vergeet nie vir Morne du Plessis wat iewers daar in die Kaap, kan nie meer die stadion se naam onthou nie, ietwat lelik teenoor Naas Botha opgetree het nie! Ds Dawie de Villiers wat in sy hoedanigheid as Kaptein die Springbokke op die regte en nugter pad probeer hou het.
Nou, alles verby, nou is dit slegs “n beroep, hoe groter die aanbod hoe gouer is ek weg om vir meer geld te gaan speel. Daarmee is seker niks verkeerd nie, vergeet egter nooit dat dit een van die redes is waaroor rugby vandag is waar dit is.
Die embleem was die trots en ” groen en goud” deel daarvan. Vandag maak ons rusie oor die embleem, dra soms pienk truie, en stap uit as daar van kwotas gepraat word!
Moet nou asseblief nie weer kwaad word nie; Kom ons vra dat die embleem verwyder word. Ek stel voor dat ons die ” Duisenpoot” as embleem gebruik. Dit is eie aan al die provinsies, dit beskik oor genoeg bene om die wedstryd end-uit te kan maak asook vele ander goeie eienskappe wat sal pas. Stem saam met my, die Springbok se tyd het uitgeloop, ook in die natuur, oral lees ons nou van byvoorbeeld ” Goue Gemsbokke” of ” Swart Rooibokke” !
Groete vanuit Noord-Transvaal .

Joe Hall ·

Ai tog Koos.
As Noord Transvaler moet jy tog weet dat Morne du Plessis nie ‘iewers innie Kaap’ nie, maar op Loftus, vir Naas met bol-en-all geloop het. Het dit self gesien en Gironkie – ‘skies Morne – het sommer dadelik geweet dis ‘n grooooot fout en dat hy dit nooit op Loftus moes gedoen het nie.
Al die “nou die Blou” manne en meisies het natuurlik du Plessis se bloed gesoek omdat hy hul nuwe, jong, briljante vonds sommerso platloop. My bloed is van geboorte af potblou, maar na my mening was die tackle op Naas foutloos en vir seker nie laat nie.
Is/was maar soos dit is…

Ja Koos ·

Stem saam Koos – die trots het verdwyn!

Morne het daardie dag beslis nie mooi gemaak nie, maar ons onthou daai tackle, laat of nie, beter as Saterdag se rondslomp.

SjN ·

Die foto spreek boekdele, slegs die 15 man wat fisies gespeel het, nie n hele groep met n voorman nie.

Ruan ·

Ek dink daar is steeds helde in die bok span. Daar is nie meer soos destyds een of twee wat uit staan maar wel 3 of 4. Almal staar vas na die politieke gedeelte van die span. Meeste se hul kyk nie meer rugby nie of stel nie belang nie. Ek sal altyd ‘n “bok” bly. Of die naam nou verander of nie en of die bokkie afgehaal word of nie. Ja natuurlik raak ek ook kwaad oor die wapen skywing en die politieke gedeelte van die sport maar deeur dit alles sal ek steeds vir die bok “skree”, Steeds sal ek ondersteun maak nie saak wat die politiek, of die skeidsregter, of die afrigter, of wie ook al nie reg is nie, doen. Ek dink net mense steur hul aan te veel nonsens en begin verby die punt van die kyk. Kom ons begin na die sport kyk en nie om die sport aangaan nie. It’s just my 2 cents.

Wesley ·

Daarsy Ruan, dankie vir jou positiewe insette. Ons hou mos daarvan om negatief te raak, nes baie hier bo. Trots wees op die verlede, niks fout daarmee nie. Manne moet geeer word. Maar jy gebruik nie daai manne se gedagtenis om vandag se spelers af te breek nie. Kommentaar soos “ken vandag se spelers nie meer nie” en “trots het verdwyn” behoort maar liewer nie hier nie. Kyk rugby vir rugby. Eks seker as mens dieper delf was daar net so baie politieke inmenging en verkeerde dinge wat agter die skerms gebeur het in die ou dae, maar ons eer nie die spelers wat beter verdien om so oor hul te praat nie. Politiek by politiek, en rugby by rugby.

Ou baas ·

Haal sommer die springbok af en sit ‘n by op vir die die verteenwoordiging van B.E.E

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.