Gaan Davids by Bokke betrek word?

Deon Davids – sal hy by die Bokke se afrigtingspan betrokke wees? (Foto: Facebook Deon Davids)

Waar ʼn rokie trek, is daar ʼn vuurtjie, word daar gesê.

Dis hoekom die verklaring van die Southern Kings uit die bloute met ʼn knippie sout geneem word dat hul afrigter, Deon Davids, vanweë mediese redes, nie Dinsdagoggend saam met die span vertrek het vir hul Pro14-toer wat drie wedstryde in die buiteland insluit nie.

Dalk word die bal heeltemal misgeslaan, maar het Vrydag se aankondiging dat Allister Coetzee en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se paadjies geskei het, nie daarmee te doen nie? As Erasmus in sy dienste belang stel, moet daar mos onderhandel word? Dit kan nie gedoen word as Davids die volgende maand oorsee is nie, veral as die aankondiging voor die einde van die maand gedoen moet word.

Daar word reeds weke lank bespiegel dat Davids en Mzwandile Stick by die Springbokke se afrigtingspan betrek sal word, wat onder die hoof van Rassie Erasmus sal staan.

Saru het juis Vrydag in sy verklaring gesê dat sy Rugbydepartement (Erasmus) die verantwoordelikheid van die nasionale span sal oorneem totdat die afrigting- en bestuurspan later in die maand bevestig sal word.

Moet dus nie verbaas wees as Erasmus, net soos sy destydse aanstelling by Munster, die direkteur van afrigting (noem dit maar die afrigter) sal wees met Jacques Nienaber, die oud-Franse stut Pieter de Villiers, Davids en Stick as lede van sy afrigtingspan nie. As Franco Smith wel besluit om Kaap toe te trek, sal hy as een van die hulpafrigters aanbly.

Erasmus was aanvanklik nie Munster se hoofafrigter nie, maar toe Anthony Foley in Desember onverwags gesterf het, het Erasmus sy taak oorgeneem.

Gepraat van afrigting, Suid-Afrikaanse rugby kan maar bly wees dat hy nie die dienste van die Engelse afrigter, Eddie Jones, ondanks sy bekwaamhede,  bekom het nie.

Jones het ʼn afrigting- en bestuurspan van 22 lede wat hom bystaan en ondersteun. Dit sluit in drie hulpafrigters (Steve Borthwick, Paul Gustard en Neal Hatley), ʼn vaardigheidafrigter (Rorey Teague), visuele afrigter (Sherylle Calder), twee ontleders, drie sagteweefsel-afrigters (in ons dae het ons hulle masseurs genoem), twee fisioterapeute, ʼn sielkundige wat twee keer per week die spelers individueel en ook die span onder hande neem, ʼn sportwetenskaplike, drie krag- en fiksheidafrigters, ʼn logistieke bestuurder, mediaskakeling, twee operasionele bestuurders … en o ja, Jonny Wilkinson wat die skoppers bystaan en ook na Jones se honde omsien wanneer hy nie tuis is nie.

Niemand kla nie, want Jones het 23 van sy 24 toetse gewen, die ondersteuners kraai en die geld rol in vir die Engelse Rugbyunie. Maar wanneer ʼn span eers begin verloor en die rieme word gesny, begin hulle in mekaar se pad staan.

♦  Dis hoekom Springbokrugby dit nie meer kon bekostig het om Coetzee ʼn salaris van glo R3,6 miljoen per jaar te betaal nie. Daar is Maandag juis bespiegel dat hy sowat R360 000 vir elkeen van sy 25 toetse gekry het (as sy verwagte skikkingsooreenkoms van ses maande se salaris in ag geneem word).

Dink net wat dit sou kos as Coetzee, net soos Jones, ook nog 22 ander afrigters en bestuurslede ook onder hom gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Genade ·

Wat het hy by die Kings bereik om hom enigsins ‘n kandidaat te maak?? O ja, agt uit dertig super wedstryde gewen en nul uit dertien Pro 14. Op Allister standaard seker geskikte kandidaat…… Liewer ‘n bestuurspan van 22 wat Springbokke weer op die kaart plaas as ‘n span wat doelloos rondhardloop.

Koos B ·

Genade onthou dit is nie net die spelers wat aan kwotas moet voldoen nie.

Anoniem ·

Nou wat gaan Stick daar doen, hy’s dan net nou die dag weggejaag omrede hy onbeholpe was? Het hy nou binne ‘n jaar sodanig verbeter dat hy weer die agterlyn kan afrig? Na my mening kan Franco Smith ook maar bly waar hy is. Dis nie asof hy die wêreld aan die brand “coach” nie, daar is baie ander beter kandidate.

Snuffels ·

Dat hulle met Stick voort gaan wys hoe onbevoegt hulle is. Hulle pluk net n stick vir hulle boude, moenie later huil as hy sy potentiaal bereik nie…want sy potentiaal is onder craven week vlak.

LHS ·

Iewers in hierdie brousel is daar n groot skroef los. Hoe de wetter kan jy patetiese afrigters uit die heel swakste gebied gaan haal om jou nasionale span af te rig? Laat ons maar eerlik wees, Erasmus was dalk n redelike speler maar hoe hy homself daarna ingewurm het in posisies, is net te goed vir woorde. Nee wat hier kom nog n paar goue soene na n jaar of twee.

Hehe ·

Van wal in die sloot! Nog n briljante besluit gemaak deur saru se Jurie en hulpelose kie! Ja nog treurmare/jare le voor! Ek meen ek wil ok net graag weet met trane in my oe van die lag hoe werk die lot op die keuses wat hul maak? Olka polka…of miskien is dit eerder
Inie minnie miney mo…catch a dummy by his toe if he screams then………………………………………

Laxre, ·

Hy is die beste caoch in SPAR hoekom nie !! Klink n baie goeie idee vir bemarking !

Niklaas ·

Politieke inmenging sal nooit end kry nie. Davids was selfs by die Kings maar vrot. Stick het nog nooit iets groot bereik nie. Simpatie met Rassie as hy gedwing word om hierdie vreemde keuses te maak

Callie ·

Op n tv program praat Elma Smit en nog 3 ander oor transformasie. Dit glo ek is ook waar stick en davids vandaan kom. Hulle praat van een van die voordele is dit gaan baie ander pawiljoene toe lok. Hoekom is dit dan leeg. Elma praat van hoe belangrik transformasie is en die voordele wat die speler daaruit kry. Asb, mag ek n vraag vra en n eerlike antwoord kry. As jy trots is op transformasie en dit ondersteun, kan jy vir my vertel hoe voel jy oor die speler wat jy te nakom. Geniet jy dit om die ou wat dit verdien te vertel dat hy dit nie maak nie en dan gaan wens jy die ou wat dit nie verdien nie geluk met wat hy bereik. Asb kan iemand antwoord

Gert ·

Ek is baie opgewonde oor die besluite en keuses. Ek dink dis baie goed vir ons land. Dalk sal ons boere nou ophou rugby verafgod en kyk en die brandewyn neer sit en boeke vat saam met die gesin.

Veritas ·

Gert as jy dink dat Davids en Stick die boere gaan laat ophou drink, slaan jy die bal vêr mis. Indien enigiets, sal dit die boere meér laat drink.

Nuuskierig ·

Watse boeke? Ons as gesin het al ‘n hele paar boeke gelees die afgelope paar jaar, Origin of the species, God: The failed hypothesis en The Blind Watchmaker om maar net ‘n paar te noem…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.