Gaan Folau sy terugkeer na vyftienmanrugby maak?

Israel Folau. Foto: Facebook.

Daar word gespekuleer dat Israel Folau moontlik sy terugkeer na vyftienmanrugby kan maak. Die talentvolle voormalige Wallabies-heelagter speel deesdae league-rugby vir die Catalan Dragons in Frankryk.

Die 31-jarige speler is egter tans saam met sy gesin in Australië; ’n stand van sake wat ekstra petrol op die gerugtevure gooi. Oorsese nuusblaaie wonder juis of hy ’n moontlike terugkeer na vyftienmanrugby kan maak.

Maar sê Steve McNamara, Dragons-afrigter, hy praat gereeld met die voormalige Waratahs-ster en hy sal sy kontrak met die Fransmanne eerbiedig.

“Daar is ’n familiekrisis en ons werk saam daaraan. Ons is gereeld in kontak en ons monitor die situasie na die beste van ons vermoë,” het McNamara gesê.

Die Dragons het ook ’n verklaring uitgereik waar daar gesê word dat Covid-19-regulasies ook sy reisplanne belemmer.

Daar word berig dat Franse vyftienmanklubs soos Toulon en Byonne sy handtekening jag.

Folau het in 2019 ’n inskrywing op sy Instagram-rekening geplaas dat hel op dronkaards, gays, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodedienaars wag, tensy hulle hulself bekeer. Hy het bygevoeg dat net “Jesus kan red”.

Sy kommentaar is deur Rugby Australië veroordeel en hulle het sy kontrak beëindig. Die sportbeheerliggaam het aangevoer dat sy inskrywing die spelers se etiese kode verbreek het en dat dit ’n minagtende gebruik van sosiale media was.

Op sy beurt het Folau weer skadevergoeding van R140 miljoen geëis.

Die twee partye het egter ’n skikkingsooreenkoms bereik.

Folau het skitterspel in sy eerste paar wedstryde vir die Catalans Dragons gelewer, terwyl hy ook staande gebly het terwyl van sy spanmaats die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet ·

Al hoewel wat hy kwyt raak absoluut koekoes is, beteken dit nie hy mag nie sy geld gaan maak soos hy goed dink nie. Sy kommentaar is walglik en absurd maar om hom te verban van sy werk af is nog meer absurd.

MakersMark ·

As jy vir niks staan nie sal jy vir alles val. Ten minste het hy ruggraat en staan by sy beginsels. Soos om God te dien in alles wat hy doen. En kyk hoe het sy loopbaan geblom selfs op ‘n ander plek en in ‘n ander spel.

Steve ·

Hy het die Bybel kwoteer. As jy nie daarvan hou nie, het jy ‘n ernstige probleem.

Pieter ·

Aan Folau- God sien jou en glo my. Jy bly staande ongeag. Dankie God vir voorbeelde soos die vir ons kinders- Amen.

Jakes ·

EK bewonder Folau vir sy waagmoed en standpunt. Die BLM is n rassistiese aanslag op witmense en kan dit nie anders beskryf word as tjol nie. Alle lewens maak saak en nie net swartmense sn nie.

Steve ·

Hierdie man het meer integriteit as al die res van die sportmanne in die wêreld saam.
Op alle vlakke ‘n wonderlike voorbeeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.