Gaan gewese Blou Bul kans vir Engeland kry?

Mike Williams (Foto: Leicester Tigers)

Mike Williams (Foto: Leicester Tigers)

Gaan `n gewese Blou Bul uiteindelik vanjaar die kans kry om toetsrugby vir Engeland te speel?

Dié vraag kan teen die naweek beantwoord wees wanneer die heersende Sesnasies-kampioen sy eerste wedstryd in vanjaar se reeks teen Frankryk afgehandel het.

Dis die derde keer dat Mike Williams, `n slot of flank van die Leicester Tigers, in die Engelse groep ingesluit word, maar hy kon dusver nog nie in `n toets speel nie.

Hy was verlede jaar in Augustus deel van die Engelse voorseisoense oefengroep. Hy is later in die toetsgroep vir November ingesluit, maar `n gebreekte arm het hom die kans ontneem om die Rose se wit trui oor die kop te trek.

Nou is hy deel van vanjaar se Sesnasiesgroep en die kans is weer daar om vir Engeland te speel.

Sal `n derde maal in sy geval skeepsreg wees?

Die 25-jarige Williams, wat in Bulawayo in Zimbabwe gebore is, het in 2012 en 2013 Curriebekerrugby vir die Blou Bulle gespeel, nadat hy die vorige twee jaar die Sharks se onderouderdomspanne op die veld gelei het.

Hy is in 2013 Engeland toe om vir Worcester Warriors te speel en is twee jaar later na Leicester toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jack Russl ·

Dit lyk nie of wat Engeland doen en sê dieselfde is nie. Of is daar nie kommunikasie tussen die unie en die keurders nie.

‘n Paar weke terug is berig dat WR die tydperk wil verleng vanaf 3 na 5 jaar voordat iemand vir ‘n ander land kan speel. Engeland wil dit 5 jaar maak, al word dit nie deur WR as reel ingestel nie.

Engeland wil hulle gewig agter die verandering gooi, maar kies spelers wat onder die nuwe reel nie toegelaat gaan word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.