Gaan Jake White Loftus weer blou maak?

Jake White. Foto: GB Jordaan.

Daar is nie genoeg woorde en verklarende woordeboeke om ʼn rugbyafrigter te beskryf nie.

Daar was al ʼn hele paar professore, soos John Williams, Johan Claassen, Pa Pelser (oud-Junior- Springbokslot wat Transvaal destyds afgerig het) en Hannes Marais.

Daar was ʼn paar mediese dokters, soos Brendan Venter, Cecil Moss en Ernst Dinkelmann, suksesvolle sakemanne soos Harry Viljoen, André Markgraaff en Kitch Christie.

Nick Mallett het onder meer ʼn bistro in Frankryk besit, Laurie Mains was ʼn bouer en die meeste afrigters was aan die begin van hul loopbane in die onderwysberoep, soos Jake White, Frans Ludeke, Allister Coetzee, Peter de Villiers en Heyneke Meyer.

Daar was regsgeleerdes soos Alan Solomons en Rudoph Straeuli en dan diegene wat net by rugby betrokke wil wees, soos Rassie Erasmus en Ian McIntosh.

Jy kan moet kan hardloop, systap, skop en uitgee, jy moet weet hoe om te kan têkkel, skrum en te spring.

Jy moet geluk aan jou kant hê, pa en ma kan speel, dikvellig maar ook baie diplomaties wees, bereid wees om na probleme te luister en op te los, jy moet lojaliteit kan kweek, jy werk met die heel slimmes asook die nie so slimmes nie, maar almal moet inkoop in jou produk, jou base, die klase, borge, ondersteuners en die media.

Jy moet die regte ouens om jou aanstel, want jy moet onthou dat hulle almal aspirasies het om by jou oor te neem.

Die meeste afrigters sien nie kans om ʼn tweede keer verguis te word wanneer hul drome nie bewaarheid is nie, behalwe Jake White.

White is sedert sy aanstelling by die Bulle meer in die kollig as die meeste ander huidige afrigters, hoewel hy nog nie eens op Loftus Versfeld ingeval het nie.

Gaan hy weer van die Bulle ʼn krag maak, hoe lank gaan hy aanbly, op wie se tone gaan hy trap of gaan hy vernuwing bring, die toeskouers teruglok en die trofeekaste weer vol maak?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael 1 ·

As n Sharks ondersteuner moet ek ongelukkig ja sê, hy het n goeie track record en waar hy betrokke is gebeur dinge

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.