Gaan kyk maar hoe die perde dit doen

Dis daai klein dingetjies wat die verskil tussen wen en verloor in rugby beteken.

Soos om te kyk hoe dinge in die Amerikaanse weermag gedoen word, om ʼn paar dae by ʼn Amerikaanse sentrum vir kreatiewe denke en leierskap deur te bring, en om eerstehands te ervaar hoe ʼn gevierde perdeafrigter sukses in Australië proe met 250 perde op stal en ʼn personeel van 100 om daagliks na hulle om te sien.

Dit mag dalk verregaande klink, maar praat maar met enige speler: wanneer dinge die dag te eentonig raak, wanneer daar nie genoeg afwisseling is nie, dan kan hulle belangstelling verloor, of daardie laaste aangee laat val, ʼn belangrike skop nie uitskop nie, ʼn duikslag mis.

Dalk Sondag se vertonings van die Blitsbokke in Kaapstad?

Ons praat nou ook nie van hoe die Engelse krieketspan dit in Australië doen nie, deur in kroeë rond te hang en só span te bou, maar dan in ʼn bakleiery betrokke te raak en boonop wedstryde te verloor nie.

Ons praat van die Crusaders, die mees suksesvolle span in Superrugby. Hoe dit oorspoel na die All Blacks, die wêreld se beste rugbyspan.

Die oud-Bokafrigters Harry Viljoen, Heyneke Meyer en Johann van Graan het gereeld hul vlerke gesprei om te kyk hoe dinge in die buiteland gedoen word, Dis nie te sê dis altyd beter nie, maar as daar net een of twee positiewe dinge uit so ʼn besoek voortspruit, dan was dit die moeite werd.

Nieu-Seeland Rugby het onlangs besoeke aan die buiteland moontlik gemaak vir een van die Crusaders se hulpafrigters, Brad Mooar.

Hy het ʼn paar dae saam die Amerikaanse weermag by Fort Bragg deurgebring, ʼn sentrum vir uitnemende en kreatiewe leierskap in Greensboro besoek en ook ʼn dag in Sydney by een van die wêreld se beste perdeafrigters deurgebring.

Mooar, ʼn gewese regsgeleerde, het gaan kyk hoe die Amerikaanse sielkundiges die Amerikaanse spesiale magte voorberei, en meer te wete gekom oor leierskap, beplanning en strategie en die herstelproses nadat hulle ontplooi was en teruggekeer het.

Moaar het ook die suksesvolle perdeafrigter Darren Weir, wat in 2015 die Melbourne Cup gewen het, besoek . Hy het gaan kyk hoe hy sy perde vars hou, hoe hy die doelpale vir sy perde verskuif, hoe hy sy personeel van 100 bestuur.

Wie kan daarteen stry?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Callie ·

Geld mors. Ou AC vertel dan na elke verloor hoe baie hy en sy span geleer het. Met al die verlore is hulle nou al baie slim. Nog n paar dan sal hulle alles weet. Dink nie hy besef dan weet hulle alles van verloor nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.