Gaan kyk maar na daardie fliek

Stephen Donald – dáárdie skop. (Foto: talksport.com)

Stephen Donald – dáárdie skop. (Foto: talksport.com)

Hulle het in 2014 `n fliek oor hom en daai skop gemaak getiteld “The Kick”.

Dit handel oor die lewe en loopbaan van die Nieu-Seelander Stephen Donald, een van rugby se onbesonge helde.

Die verhaal gee jou hoedervel, een van rugby se sprokiesverhale wat waar geword het.

Donald se loopbaan was reeds in 2011 op die rak toe hy oor die hoof gesien is vir All Blacks-span vir 2011 se Wêreldbekertoernooi.

Voor hom in die losskakel-ry was Dan Carter, Aaron Cruden en Colin Slade. Donald was uiters teleurgesteld en hy en sy boesemvriend Matty Douglas het gaan visvang, waar geen selfoonontvangs was nie om van die pyn te vergeet.

Maar daar was paniek in die All Blacks-kamp, toe eers Carter, toe Cruden en daarna Slade beseer is.

Die afrigter Graham Henry het naarstiglik na Donald gesoek, daar langs die Waikato-rivier waar hulle visgevang het.

Henry het nege keer gebel, maar eers toe Donald se oud-spanmaat Mils Muliaina hom  geteks het, het hy daarop gereageer.

Hy moes hom dringend by die All Blacks aansluit, om in die eindstryd teen Frankryk te speel.

Foto: Stuff.co.nz

Foto: Stuff.co.nz

Dit was `n droom, sy trui het selfs te styf om sy lyf gepas en toe moet hy boonop die stelskopwerk in die tweede helfte oorneem by die skrumkakel Piri Weepu toe hy misluk het. Die res is geskiedenis, die All Blacks, danksy Donald se wenstrafdoel, het die Webb Ellis-trofee omhoog gehou.

Donald het in die klein dorpie Walkerville gewoon, wat Beaverville (Donald se bynaam is “The Beaver” oor sy voortande wat uitstaan) herdoop is. Die koerant is mashoof is na The Beaver Times verander, so ook die plaaslike kroeg – en toe volg die fliek in 2014.

Dis twee jaar later en Donald (32) is weer in die kollig nadat hy deur die Chiefs as senter gekies is vir die kwarteindstryd in die Superrugby-reeks teen die Stormers op Nuweland.

Donald was vroeër vanjaar (weer) byna vergete, hy het met dyspier- en liesberings gesukkel en was nie in die Chiefs se groep nie. Maar nadat die beseringspook onder die Chiefs gemaai het, het hy sy kans teen die Force gekry.

Saterdag teen die Stormers kan nog `n hoofstuk volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tc ·

Aag nee wat stel nie belang in die fliek of enigiets van n All Black speler nie,klomp Cry babies en aandag soekers!Maak my siek!

Jan ·

Of julle dit wil aanvaar of nie, die All Blacks is en bly die beste in die wêreld!

Josua Keys ·

Jan, die verskil is dat, diè jaar is die has beens nie meer in die bok span nie, daar is nuwe bloed en daar is meer Lions spelers in die span as wat laasjaar die geval was, kom ons praat weer na die 4 nasie reeks, ons sou laasjaar reeds as wereld kampioene terug gekeur het huistoe maar H Meyer het mos by die hasbeens gebly en dit is die grootste rede waarom ons nie die paal kon haal nie. Diè jaar, solank Allistor Coetzee net die regte spelers kies, die wat dit verdien en in vorm is weet ek beslis dat die bordjies verhang gaan word maar dan moet politiek uit die besluite bly sodat die beste van die beste in elke posisie op die veld draf . Al het ons baie spelers aan die buiteland verloor is daar meer as genoeg talent in SA om die 4 Nasie reeks te wen. Jan jy moet net een ding besef, die All Blacks se regering meng nie met span keuses in nie so hoe kan jy dan sê hulle is die beste ter wereld as dit die teenoorgestelde hier by ons in Suid Afrika is. Ek hoop die borge van die Springbok span gaan wakker skrik en hul stem dik maak want jy maak net geld as die beste op die veld draf en hulle wen!!!!!

Tc ·

Verskil met jou Jan,sal nooit ooit met daai selling saam jou stem nie!Hulle het ons uitgewerk in apartheid jare want ons het in hul pad bestaan.Dis die enigste span wat met moord wegkom ivm vuilspel ens.Ons spelers word altyd langer gestraf as hul spelers.In 2011 het Bryce Laurence(Ja n Nieu Zeeland ref)ons uit die RWC geblaas(Beroof)want hulle het geweet ons sou hulle getrap het in finale!Dis n spul “Bad Losers”, Vuilgatte,” Cry Babies” die All Blacks en ek Ondersteuner enige ander span wat teen hulle speel!!Basta!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.