Gaan oud-rugbykaptein se woorde waar word?

Ter illustrasie.

Wanneer ʼn boer in die knyptang van droogte vasgevang word, smokkel die onsekerheid met sy kop: Hoe lank gaan die droogte duur? Wanneer gaan dit weer begin reën? Gaan daar blywende skade wees en wanneer sal daar weer geplant en geoes kan word?

Dis hoekom die oud-Britse en Ierse Leeu-senter en Walliese kaptein Gareth Thomas só bekommerd is oor die uitwerking en nagevolge van die Covid-19-pandemie.

Volgens hom kan ʼn hele geslag rugbyspelers verlore gaan.

Dié stelling is ʼn bietjie dik vir ʼn daalder, want rugby is reeds in Nieu-Seeland hervat, Australië is volgende Saterdag aan die beurt en planne is reeds in Europa gemaak om van die belangrikste reekse te hervat.

Wat wel waar is, is dat duisende spelers, veral skoolkinders, van die voorreg ontneem is om dalk ʼn laaste jaar rugby te speel.

Niemand het dit voorsien nie, niemand gee iemand die skuld nie, want almal sal saamstem dat lewens belangriker as rugby is.

Kyk maar net hoe dom en dwaas dit van die wêreld se beste tennisspelers was om in Serwië voortydig saam met Novak Djokovic in ʼn plaaslike tennistoernooi te speel nogal in volgepakte stadions.

Dis ʼn teëlaarde vir die korona-virus; dit was vir moeilikheid soek.

Maar wat wel waar is, is dat duisende jong rugbyspelers (asook die meeste ander sportsoorte) se sportdae dalk getel is.

Die kommervrye dae, wanneer jy vir die o.13- of 0.14-spannetjie gespeel het, die vroegoggend koue, toe die ryp nog dik op die gras gelê het.

Namate jou skooljare gevorder het, bevordering tot die voor- of hoofwedstryd.

Die lekker tye op die pawiljoen, die jaarlikse treintoer, hoe jy gesukkel het om  fiks te word, die opstote en opdrukke, jou spanmaats abba of kruiwa stoot.

Die pyne waarmee jy die volgende oggend opgestaan het. Hoe jy jouself deur die pyngrens moes druk.

Nou gaan daar niks daarvan oorbly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alexander ·

Die Coronavrese wat onnodig deur die media aangeblaas word en ‘n onbeholpe regering is ‘n groter gevaar. Totdat daar ‘n kuur is sal ons moet versigtig wees, maar dit sal ook verbygaan. Die beste manier om te oorleef is myns insiens juis om so normaal as moontlik met jou lewe voort te gaan. Nieu Seeland het dit bewys. Dalk het hulle net meer dissipline as ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.