Gaan Rassie se Springbok-Baabaas net hardloop?

Dit gaan baie interessant wees om te sien watter wedstrydplan die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, gaan gebruik wanneer die Barbarians (wat 13 Springbokke insluit) Saterdag op Twickenham teen Argentinië speel.

Gaan hy, as afrigter van die Baabaas en in Barbarian-tradisie, sy hoogskop-en-storm-taktiek wat die Springbokke op die jaareindtoer ingespan het, opsy skuif en avontuurlike hardlooprugby speel?

Daar is niks op die spel nie, behalwe die Killik-beker, wat sedert 2009 op die spel is wanneer die Baabaas teen ʼn internasionale span speel.

Die Baabaas het die All Blacks toe met 25-18 geklop.

Die Argentynse Poemas was die laaste keer toe hulle in 2015 teen die Baabaas gespeel het, met 49-31 aan die wenkant.

Die Springbokke het al ses keer teen die Baabaas sedert 1952 gespeel, gewoonlik die laaste wedstryd van hul toere na die Noordelike Halfrond.

Die Bokke kon net drie van die agt wedstryde wen, het 150 punte aangeteken en 154 afgestaan.
Die span was gewoonlik met die een voet reeds op die vliegtuig op pad huis toe.

In 1960/’61, toe Avril Malan se seëvierende toerspan die Grand Slam gewen het deur met al vier tuisunies klaar te speel, is die Bokke met 6-0 deur die Barbarians op Cardiff Arms Park verslaan. Dit was die span se enigste nederlaag in 34 wedstryde, terwyl twee kragmetings (met die Middellandse Graafskappe met 3-3 en Frankryk met 0-0) gelykop geëindig het.

Die Bokke is een of twee keer in ʼn lokval gelei, soos Kitch Christie se span in 1994 wat met 23-15 deur die Baabaas geklop is.

Christie se opdrag aan die Bokke was om te hardloop en toe trap hulle in die Baabaas se slaggat wat konserwatief gespeel het.

Maar nou is die skoen aan die ander voet, want Erasmus het 13 Springbokke vir sy Barbarians gekies om die Poemas te pak.

Gaan Erasmus enigsins wys word as sy Springbok-Baabaas tien of meer drieë druk?

Sal enige van die spelers Erasmus oortuig dat dit die pad vorentoe is?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Henk ·

Etasmus het geen idee hoe om hardloop rugby af te rig nie. Vandaar sy ewige eentonige keuse in DeAllende. Dis waar die spel stop

Toek ·

Mooi so bespaar jy nie nou as jy dit afsit nie.Dink net dit nogal oor sport laat lees jou kop ouboet

Manie ·

Ek kyk of luister nie rugby of krieket, ek het net op die berig ingegaan om my punt te stel. As jy SA spanne ondersteun keur jy regstellende aksie goed, dan is jy dus tevrede om swak bestuur en die ekonomiese gemors in die land te aanvaar. Staan liewer saam en boikot SA spanne, hulle het julle ondersteuning nodig om die kwota klug voort te sit. Laat die paviljoene leegloop, dan kan hulle sien ons keur nie hulle optrede goed nie. So kan ons begin om n werlike verskil te maak

Gollie ·

Ek keur regstellende goed ,niks oor jou bekommerd nie.Sport is vir sportmense wen of verloor.

Rinkhals ·

Springbok rugby 68% wen rekord vanaf 1891 tot 2007. Tussen 2008 en 2018 60%, 2016 33%, 2017 53% en 2018 50%. Kwota persentasie kerf 30%, 40%, en 45% vir ’16, ’17, ’18. Kwotas vernietig wenkultuur en top prestasie soos alles presipiteer dit na middelmatig tot vrot prestasie. So uiteindelik sal bok rugby uiters middelmatig word en glad nie meer skares trek nie, sportmense of te nie. “Mediocrity = new excellence” vir kwota bokke en ANC meesters.

Spark Plug ·

Volgens my word rassie betaal om te verloor…solank hy aanhou met die wp en daai ellendeling sal niks gebeur nie. Hy ken mos net skop rugby so dalk moet hulle bietjie sy rugby bal skop dat hy bykom

Lions ·

As Rassie vir Kolisi vervang het met Kwagga en Ellendig met Ruhan Nel het almal geweet hy gaan hardlooprugby speel. Met ‘n verbeeldinglose en moeg kaptein en bostik in die middelveld weet almal wat is die taktiek! Hopelik probeer Argentinië iets nuut, want dit sal die enigste opwinding verskaf.

Johan ·

Ek gaan nou nie op die spankeuses kommentaar lewer nie, want ek sien hierbo dat die ware kundiges dit reeds gedoen het. Hulle het immers almal reeds diep spore in SA rugby getrap.

Wat ek hoop is dat Rassie die spelers kans gaan gee om wel hardlooprugby te speel, sodat ons kan sien wie kan dit doen en wie nie. Daar is immers niks op die spel nie. Rassie is eintlik ‘n groot guns bewys deurdat hierdie geleentheid aan hom en klomp bestaande Bok spelers gegee is.

Swartwolf ·

Dit vat nie ‘n kundige of een wat “diep spore in SA rugby getrap het” om te sien watse gekkespul Springbok rugby geraak het nie. Alhoewel dit ‘n barbarians span is is die kern bokke so dieselfde onbevoegde spelers wat sukkel om te hardloop in toetse gaan sukkel om hier te hardloop. Kolisi kan nie ‘n span osse lei nie en bostic in die middelveld gaan nerens met ‘n rugbybal. Wat verkeerd is met die bokke is verkeerd met Barbarians Saterdag.

Schoemie ·

Al wat hierdie wedstryd dalk sal wys is dat van die Bokke iets kan doen wanneer niks op die spel is en niemand belangstel om te verdedig nie.

Rinkhals ·

Springbok rugby 68% wen rekord vanaf 1891 tot 2007. Tussen 2008 en 2018 60%, 2016 33%, 2017 53% en 2018 50%. Kwota persentasie kerf 30%, 40%, en 45% vir ’16, ’17, ’18. Kwotas vernietig wenkultuur en top prestasie soos alles presipiteer dit na middelmatig tot vrot prestasie. So uiteindelik sal bok rugby uiters middelmatig word en glad nie meer skares trek nie, sportmense of te nie. “Mediocrity = new excellence” vir kwota bokke en ANC meesters.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.