Gaan Swys die Lions nog afrig?

Swys de Bruin (Facbook Swys de Bruin)

As jy tussen die lyne lees, lyk dit of die Lions hul hoofafrigter Swys de Bruin aan die Springbokke gaan afstaan.

De Bruin, wat die uitnodiging om die Baabaas af te rig, as ʼn groot eer beskou en sê dit sal een van sy rugbyhoogtepunte wees, het bygevoeg dat hy steeds in beheer is van die Lions se Superrugby-span maar dat dit binnekort kan verander.

“Rassie en die Rudolf Straeuli is tans in samesprekings hieroor,” is hy Dinsdag deur sarugbymagazine.co.za aangehaal. Straeuli is die Lions Rugbymaatskappy se uitvoerende hoof.

De Bruin, wat die Bokke die afgelope tyd as agterlynafrigter bygestaan het, is deur Rassie Erasmus gevra om hom ook, ná die jaareindtoetse, as hulpafrigter van die Britse Barbarians by te staan.

Die Lions se afrigter, wie se betrokkenheid by die nasionale span in April vanjaar begin het, se toekoms by die Lions het reeds in Junie tot bespiegelinge gelei toe hy by die Springbokke vir die Junietoetse en ook vir die Rugbykampioenskap as lid van die afrigtingspan betrek is.

Nou is hy ook al amper op pad saam met die Bokke vir die toetse teen Engeland, en daarna teen Frankryk, Skotland en Wallis.

De Bruin se aanvalsinsette kon aan die toenemende selfvertroue in die Springbokke se agterspel gesien word.

♦ Die hoë agting van Erasmus vir die man wat ook die Lions se aanvalsbenadering onder Johan Ackermann ʼn nuwe dimensie gegee het, word beklemtoon deur sy volgehoue betrokkenheid by die span, ook nou met die opkomende toer na Europa en sy aanstelling as Erasmus se adjudant teen die Barbarians.

En daaruit vloei die logiese afleiding dat Erasmus dit ʼn permanente reëling wil maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vra maar net ·

Nou wat nou van Stick? Is hy nou maar net daar om die bbbeee vlak op level3 te hou?

Kiewiet ·

Weer eens iemand wat aangestel is maar nie die mas kan opkom nie. Nou moet iemand anders aangestel word om te red wat daar te redde is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.