Gaan Welwitschias Curriebeker-rugby speel?

Daar hang oënskynlik ʼn groot vraag oor die deelname van die Namibiese Rugbyunie (NRU) se Welwitschias aan die Eerste Liga van vanjaar se Curriebeker-reeks.

Vandeesweek is in die sosiale media berig dat die SA Rugbyunie (Saru) op sy jongste raadsvergadering besluit het dat die Namibiërs slegs tot die Eerste Liga van die Curriebeker toegelaat sal word mits hulle hul teenstanders se reiskoste Windhoek toe betaal.

Saru het verkies om nie kommentaar op Pale Toe! se navraag hieroor te lewer nie.

Die NRU het teen plasingstyd nog nie op ʼn navraag gereageer nie.

Dié unie is eweneens nie ryk nie, en dit kan kwalik gesien word dat hy die bykomende geldlas sal kan dra.

Uitsluiting van die reeks kan die NRU se pogings om sy spelerspoel vir aanstaande jaar se toernooi om die Wêreldbeker ernstig knou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.