GB: Brakpan het die diepte om kroon te dra

Brakpan-logoSiyaya Brakpan (Valke) het Saterdag teen Witrivier (Pumas) getoon dat hy die vermoë én die diepte het om vanjaar bo uit te kom in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker.

Die Panne het die wedstryd op Witrivier 38-12 gewen.

Harry Nieuwenhuis, Brakpan se voorsitter, het aan Pale Toe! gesê die klub het so te sê sy dieptespan gespeel om almal in die groep `n speelkans te gee.

“Dit het die momentum so effens versteur, maar die poging was steeds goed genoeg om [gerieflik] te wen.”

Hy sê Brakpan het aanvanklik gesukkel om op `n nat winderige Witrivier aan die gang te kom, “maar ons aanvaar enige tyd `n wegoorwinning wat vyf ligapunte insamel”.

Nieuwenhuis sê uitblinkers was daar vandeesweek nou nie te veel nie, maar Ian Oosthuizen en Dean van der Merwe asook Armand Jordaan, wat in sy eerste wedstryd vanjaar gespeel het, het goed vertoon.

Oosthuizen (twee), Juan Botha, Franco Booysen en Jaco Lotter het onder andere die Panne se drieë gedruk. Die losskakel, Gido Horn, het vier verdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.