GB: Buiteperd wil vir opskuddings sorg

Die Bolandse kampioen, Roses United, betree die Goue Bekerreeks as ʼn buiteperd, maar wil nie bloot deelneem nie en maak hom gereed om vir ʼn paar opskuddings te sorg.

Dit is die boodskap van Franzil September, die span se hoofafrigter.

Hy verwag dat elke wedstryd hard sal wees.

“Roses is in ʼn sterk groep geloot, maar ons weet ook dat die beste 20 oop klubs in die land aan die reeks deelneem.”

Hoewel die klub ʼn nuweling in die internasionale reeks om die Goue Beker is, het hy drie keer aan die ou klubkampioenskap deelgeneem en twee keer aan die reeks om die Gemeenskapsbeker, die huidige reeks se voorganger.

September sê Roses se groep is slaggereed. Hy het net een speler in die kwarteindronde van die Bolandse Grootuitdaagreeks aan ʼn besering verloor.

“Roses het vir die volle duur van die Bolandse reeks sy spelers geroteer om almal speelkans te gee.

“Dis ʼn goed gebalanseerde span met genoeg ervaring en ʼn volwasse leierskap.

“Elke span in die reeks is ʼn provinsiale kampioen en ons maak ons gereed vir ʼn uitdagende Goue Bekerreeks,” het September aan Pale Toe! gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.