GB: Evergreens reik hoër as die agtste plek

evergreens-logoEvergreens van Pacaltsdorp (Suidwestelike Distrikte) wil nie net weer die kwarteindronde van die reeks om die Goue Beker (GB) haal nie, maar dié keer beter as die agtste plek vaar.

Só het die klub se sekretaris, Deon Stoffels, aan Pale Toe! gesê voor die span Saterdag in sy eerste GB-wedstryd vanjaar verlede jaar se naaswenner, Rustenburg Impala (Luiperds), op Pacaltsdorp aandurf.

Evergreens het in 2013 die kwarteindronde gehaal, maar einste Impala het hom 50-10 verrinneweer.

G’n wonder nie Stoffels sê die Pacaltsdorpers beskou die eerste wedstryd as hul grootste in die reeks.

“Ons besef alte goed dat Impala een van die groot honde in SA klubrugy is.”

Hy sê Evergreens se voorbereiding het onder die omstandighede, soos die Amateur- Provinsiale Kampioemnskap tussenin, goed verloop.

“Die span het wel drie-vier staatmakers wat om verskeie redes nie kan speel nie, maar die gees van die res is goed en die span behoort sy momentum te behou.”

Hy sê die span se sterkpunte lê in sy goeie kommunikasie, sy vermoë om vinnig te kan terugslaan as hy punte afgestaan het, en sy sterk eindpoging.

“En natuurlik is Evergreens se fanatiese tuisondersteuning `n groot bondgenoot.”

Stoffels se die span fokus daarop om die reeks wedstryd vir wedstryd te benader – en te veg om elkeen te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.