GB: Evergreens sorg vir grootste verrassing

goue bekerEvergreens van Pacaltsdorp (Suidwestelike Distrikte) het vir die grootste verrassing in Saterdag se Goue Bekerrugby gesorg.

Hy het die besoekende Pirates (Goue Leeus), een van die groot gunstelinge om die beker in te palm, 38-31 geklop.

Brakpan (Valke) het op sy beurt sy aanspraak versterk deur Durban Collegians (KwaZuluNatal) op die Natallers se tuisveld 36-33 te klop.

Valsbaai (Westelike Provinsie) is weer op die wenpad ná sy onverwagse slae verlede week teen die Panne, en het Old Georgians (Zimbabwe) 38-25 in Harare geklop.

Pretoria Polisie (Blou Bulle), die enigste span wat ná drie wedstryde onoorwonne is, het sy Bloemfonteinse eweknie 36-24 in die Vrystaatse hoofstad geklop.

Die verdedigende kampioen, Durbanville-Bellville (WP), College Rovers (KZN), Rustenburg Impala (Luiperds) en Brakpan is ná twee wedstryde nog nie geklop nie.

Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) het `n taai botsing teen Oos-Londen Polisie (Grens) op eersgenoemde se veld 20-17 gewen.

Old Selbornian (Grens) het in Oos-Londen vir Worcester Villiagers (Boland) in die laaste plek in Groep A ingedwing deur 27-12 te wen.

Die enigste groot oorwinnings was Windhoek Wanderers se 60-29 oor Northam (Limpopo Blou Bulle), en College Rovers se 48-22 oor Welkom Rovers (Griffons).

Opgesomde punteleer –

Groep A

College Rovers 10, Durbanville-Bellville 10, Old Selbornians 5, Welkom Rovers 5, Worcester Villagers 1

Groep B

Rustenburg Impala 10, Pirates 10, Wanderers Windhoek 7, Evergreens 5, Northam 1.

Groep C

Valsbaai 11, Brakpan 9, Durban Collegians 7, Old Georgians 4, Witrivier 1.

Groep D

Pretoria Polisie 15, PE Polisie 9, Sishen 5, OL Polisie 1, Bloemfontein Polisie 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.