GB: fikser Pretoria Polisie raak Sishen baas

pretoria polisie`n Fikser Pretoria Polisiespan het op die ou end Saterdag Sishen baasgeraak in die twee spanne se kragmeting in die reeks om die Goue Beker.

Polisie het die wedstryd in die Sivos-stadion op Kathu 44-15 gewen.

Nico Luus, die hoofafrigter van Polisie, het aan Pale Toe! gesê dit was aanvanklik `n baie harde en fisieke wedstryd, wat `n ruk lank baie gelykop verloop het.

“Die Bobbies het van vroeg af die bal rondgegooi, maar te veel hanteerfoute het tot `n gebrek aan kontinuïteit gelei.

“Soos verwag is, was Sishen baie fisiek, maar dit was hul gebrekkige kondisioneering wat in die tweede helfte tot te veel omgekeerde besit vir Polisie gelei het.

“Die Bobbies het in dié helfte ook `n bietjie meer ritme gekry. Dit het daartoe gelei dat ons beter kon afrond en in dié staduim kon Sishen nie meer byhou nie.”

Luus se dit was `n tipiese eerste wedstryd met die senuwees wat gepla het, “maar in die algemeen is ek baie trots op die span wat agt drieë gedruk het”.

Hy sê Polisie het altesaam 24 punte met verbroude skoppe verkwis, en die telling kon baie anders gewees het.

Luus sê sy span spits hom nou ten volle toe op sy komende wedstryd teen Port Elizabeth Polisie, wat Saterdag maklik met Bloemfontein Polisie afgereken het.

“Die losvoorspelers Ivan van Deventer, Luga Van Biljon en SJ Niemand, en die slot Divan Steenkamp was Polisie se grootste uitblinkers.”

Hendrik van der Nest (2), Ivan Venter (2), Johan Pieterse (2), Rayno Wasserman en Niemand het die wenspan se drieë gedruk.

Diilon Laubcsher en Van der Nest het elk een verdoel.

Luus sê sy span spits hom nou ten volle toe op sy komende wedstryd teen Port Elizabeth Polisie, wat Saterdag maklik met Bloemfontein Polisie afgereken het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.