GB: klein jakkalsies berou Old Georgians

old georgiansDis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel, lui die spreekwoord, en dis wat Old Georgians (Zimbabwe) berou nadat Valsbaai hom Saterdag 38-25 op die Polisieterrein in Harare in die internasionale reeks om die Goue Beker geklop het.

Grant Mitchell, Old Georgians se hoofafrigter, het aan Pale Toe! gesê die span het `n klompie maklike drieë deur sy vingers laat glip.

“Op hierdie vlak kos klein foutjies `n span punte op die telbord, en ons sal as span knapper te werk moet gaan om die klein persentasies op te skerp.

“Ons moet ook besit in die teenstander se 22-gebied beheer en munt daaruit slaan. Dit moet punte oplewer en nie omkeerbesit vir die teenstander nie.”

Mitchell sonder sy span se 19-jarige heelagter, Shingi Katsvere, vir sy uitmuntende spel uit.

“Hy het getoon dat hy meer as bekwaam is om op hierdie vlak te speel.”

Katsvere en die plaasvervanger-skrumskakel Ryan Sprake het Old Georgians se drieë gedruk, en die losskakel, Lenience Tambwera, het vir vyf strafdoele gesorg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.