GB: oefen-nagmerrie knelter Welkom Rovers

welkom rovers2Dis was `n nagmerrieweek vir Welkom Rovers (Griffons) wat voorbereiding vir sy wedstryd Saterdag teen College Rovers (KwaZulu-Natal) in die reeks om die Goue Beker betref.

Die Natallers het die kragmeting 48-22 gewen.

Butch Nieuwenhuyzen, Welkom Rovers se sekretaris, sê die Noord-Vrystaters is op die dag se spel deur `n beter span geklop.

“Ons het `n verskriklike week beleef wat die oefeninge betref. Werkverpligtinge, beserings en siekte het veroorsaak dat die span nie `n enkele keer volledig was nie, en dit was in die eerste helfte opsigtelik.

“Die span was oorhoops en het glad nie goed gespeel nie.

“Welkom het ook agt minute lank met slegs 13 man gespeel en College het in dié rukkie drie drieë gedruk.”

Nieuwenhuyzen sê Welkom het sy man voorlangs gestaan, maar College se agterlyn het skitterende lyne gehardloop om die man oor te bewerkstellig.

“Dit gesê, het ons span ons eer aangedoen deur drie strawwe wedstyde agtermekaar te speel en nooit tou op te gooi nie.”

Welkom Rovers het vandeesweek `n loslootjie voordat hy afsit Oos-Londen toe vir sy laaste wedstryd in die groepfase van die reeks teen Old Selbornians.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.