GB: Old Selbornians ‘ontsagwekkend’ teen Villa

Old Selbornians logoMike Pendock Motors Old Selbornians (Grens) het Saterdag “ontsagwekkend” vertoon in sy wedstryd teen Worcester Villagers (Boland) in die oop klubs se reeks om die Goue Beker op eersgenoemde se tuisveld in Oos-Londen.

Só het die klub se sekretaris en spanbestuurder, Marius Rathbone, ná Old Boys se sege van 27-12 die wenspan se vertoning teenoor Pale Toe! opgesom.

Die tuisspan was rustyd 15-7 voor.

“Old Boys se struktuur en besluitneming het dit maklik vir hom gemaak om sy eerste oorwinning in die reeks te behaal,” het Rathbone gesê.

Josh Bassinghwaighte, Duran Alberts, Buhle Ntsebeza en Brad Birkholtz het die wenspan se drieë gedruk. Craig Shone het met twee doelskoppe en `n strafdoel geslaag.

Die afrigter, Dave McCallum, sê dit was `n spanpoging en dis moeilik om individuele uitblinkers uit te sonder.

♦ Twee harde neute lê vir Old Selbornians in die reeks voor wanneer hy die komende twee Saterdae eers die omgekrapte College Rovers in Durban en dan Welkom Rovers in Oos-Londen aandurf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.