GB: ‘onbekendheid’ Durban Collegians se bate

collegians-logoDurban Collegians (KwaZulu-Natal) is, met die oog op vanjaar, in sy skik met die feit dat hy nie verlede jaar die uitspeelrondes van die oop klubs se reeks om die Goue Beker gehaal het nie.

Robin Swanepoel, die hoofafrigter van Durban Collegians, sê dit laat die klub `n onbekende faktor  wat in sy guns tel en wat hy tot sy voordeel sal benut.

“Collegians is opgewonde om weer deel van die reeks te wees, en is vasbeslote om op verlede jaar se vertoning in die groepfase te verbeter,” het hy aan Pale Toe! gesê.

Hy sê die span het vandeesweek nog `n bietjie afrondingswerk om te doen, maar is redelik oortuig dat sake volgens plan verloop.

Swanepoel sê Collegians het ongelukkig twee sleutelspelers, albei met kniebeserings (mediale kollaterale ligamente) in die Murraybeker-eindstryd verloor, wat hulle ses tot nege maande op die krukkerlys kan hou.

“Dit bied egter die geleentheid aan hul plaasvervangers om in eie reg na vore te tree.”

Swanepoel sê ervaring het hom geleer dat reis en die gepaardgaande ophef een van die grootste struikelblok is om te oorkom.

“Dis ook `n strawwe reeks en spelers moet só bestuur word dat hulle teen moontlike beserings beskerm word. Ons sal dus die stand van fiksheid weekliks aanslaan.”

Collegians beskik oor `n goeie mengsel van jeug en ervaring, en Swanepoel sê hy sal die spelers vrye teuls gee “om hulself uit te druk”.

“Ons sal nederig bly, elke wedstryd hanteer op mereite en met die gesag wat dit verdien – en sien uit na Saterdag se kragmeting met Valsbaai (Westelike Provinsie).”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.