GB: Oos-Londen vang PE Polisie aan die slaap

pe polisieDon’s Pawn Shop Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) is Saterdag op sy tuisveld, Kemsleypark, aan die slaap gevang in sy wedstryd in die internasionale reeks om die Goue Beker teen Oos-Londen Polisie (Grens).

Die Baaise span moes op die ou end hard werk voor `n drie deur sy haker Stefan Deysel, een van sy span se sterre, in die 78ste minuut die wedstryd in sy guns beklink het.

Hy het oplaas 20-17 gewen.

Marius van der Walt, PE Bobbies se hulpafrigter, se sy span het swak weggespring en Oos-Londen Polisie het die wedstryd uit die staanspoor oorheers.

“[Die besoekers] het vinning die voortou geneem en `n voorsprong van 17-3 opgebou.

“Taktiese skuiwe wat deur PE Polisie aangebring is, het na rustyd `n ander benadering gebring en uiteindelik die uitslag in PE se guns geswaai.”

Van der Walt sê sy span se ander uitblinkers was Frans Gerber (flank), Dwayne Kelly (heelagter) en Lyle Lombard (vaskopstut).

Behalwe Deysel het Matthew Moore en Lyle Walters drieë vir PE gedruk. Justin Peach het Deysel se drie verdoel en Ruan Allerston het met `n strafdoel geslaag.

Vir Oos-Londen het Sabelo Kolanisi, Eric Coates en Bonga Mntunjani drieë gedruk. Skhangele Mateza het een verdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.