GB: PE Polisie klop Bloem in Bobbies-botsing

pe polisieDon’s Pawn Shop Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) het Saterdaag die eerste kragmeting in die sogenaamde “botsing van die Bobbies” in Groep D gewen deur sy Bloemfonteinse eweknie (Vrystaat) onder te sit.

Die Baaise span het 35-11 op Kemsleypark in Port Elizabeth gewen in die groep waar vier van die vyf spanne Polisieklubs verteenwoordig.

Marius van der Walt, die PE Bobbies se hulpafrigter, sê sy span se voorspelers het die deurslag vir die oorwinng in dié baie harde kragmeting gegee.

“Die wedstryd is ook gekenmerk deur rotsvaste verdediging deur die PE-span. Dié basis het die agterlyn die ruimte gebied om pragtige langafstanddrieë te druk.”

Hy sê die twee Gerber-broers, Ferdie en Frans, Hannes Huisamen, Eckard Jacobs, Dwayne Kelly en Daan Vosloo het vir die Baaise span uitgeblink.

Elton Loxton (2), Stefan Deysel, Huisamen, Kyle Scott en Vosloo het die wespan se drieë gedruk.

Kelly het twee daarvan verdoel en Ruan Allerston het met `n strafdoel geslaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.