GB: sterk groep skrik Villagers nie af nie

worcester villagersSy loting in `n sterk groep in die internasionale reeks om die Goue Beker skrik Worcester Villagers (Boland) geensins af nie.

Danwill Pienaar, Villagers se spanbestuurder, het aan Pale Toe! gese die klub glo hy sal hoogs mededingend wees.

“Villagers sal veral in die tuiswedstryde sterk wees, en stel hom ten doel om minstens die kwarteindstryde te haal.”

Worcester Villagers se tuisveldvoordeel word versterk deur die geweldige groot opkoms van ondersteuners na sy wedstryde.

Hy sê ná `n uitmergelende seisoen dra Villagers goeie momentum na die Goue Bekerreeks oor.

“Ons het die ligawedstryde benut om aan haakplekke te werk, en is goed voorberei vir die reeks.

“Ongelukkig sukkel `n paar spelers tans met beserings, maar hulle sal later in die groepfase oorweeg kan word.”

Pienaar beskou dit as `n moontlike struikelblok dat die Bolandse liga nie so taai as die reeks om die Goue Beker is nie, en meen die spelers sal vinnig by die veel strawwer teenstand moet aanpas.

Hy sê Villagers het `n paar jong spelers in sy geledere wat die reeks om die Goue Beker kan gebruik om hul rugbyloopbane te bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.