GB: vaste fasette deurslaande in Durbell-sege

durbell-logo.squareGoeie vaste fasette in sy Goue Beker-wedstryd Saterdag teen Welkom Rovers (Griffons) het `n stewige platform vir Durbanville-Belville (Westelike Provinsie) se baldraers geskep.

Só het Bobby Joubert, die verdedigende kampioen se hoofafrigter, aan Pale Toe! gesê na sy span se sege van 32-24 in Welkom.

“Durbell was die volle 80 minute in beheer van die telling, hoewel hy baie foute gemaak het, wat nie in sy aard is nie.

“Rovers het goed teruggeveg en swak verdediging het toegelaat dat hulle in die laaste tien minute twee keer gaan druk het.”

Joubert sê Roderick Moses, die Durbies se regtervleuel was uitstekend asook die haker Jacques Vermaak wat `n syfer van 100% in die lynstane gehandhaaf het.

Peter Virgin, Durbell se spanbestuurder, het bygevoeg dat Rovers getoon het gemeenskapsrugby is gesond.

Hy het die administrasie van die Welkomse span geloof vir die wyse waarop hy sake betreffende die kragmeting behartig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Piet Ebersohn ·

Dankie vir die kommentaar. Verwys Groot Thesaurus vir Afrikaans. Dit beteken dieselfde as “deurslag gee” wat te lank in die opskrif sou wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.