GB: voet op die versneller vir Bloem se Bobbies

bloemfontein PolisieDit sal uit die staanspoor die voet op die versneller verg as Bloemfontein Polisie (Vrystaat) goed in vanjaar se internasionale reeks om die Goue Beker wil vaar.

Só sê Jaco Rademeyer, die spanbestuurder van Bobbies, oor sy span se benadering tot die oop klubs se kampioenskap.

“Bloemfontein Polisie werk die afgelope drie jaar daaraan om weer `n krag te word soos in 2012 toe die klub vriend en vyand verras het met die wen van die plaatafdeling in die laaste van die ou klubkampioenskappe.

“Polisie benader die Goue Bekerreeks wedstryd vir wedstryd en glo dit sal `n fout wees om sake vooruit te loop.”

Rademeyer sê die span het baie hard aan sy voorbereiding gewerk aangesien sy ligaseisoen reeds in Junie verby was en hy gesukkel het om wedstrydoefening te kry.

“Laasgenoemde is Polisie se grootste struikelblok. Daar is nie tyd om hom rustig in die reeks te vestig nie. Ons sal geen oomblik die voet van die versneller kan lig nie.

“Aan die ander kant is die Bobbies baie gelukkig om uit die staanspoor die beste span waaroor hulle vanjaar beskik het in die veld te stoot.”

Rademeyer het aan Pale Toe! gesê die Vrystaters sal geen span onderskat nie en weet sedert sy ervaring in 2013 dat dat dit geen verwaterde reeks is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.