Gebore en getoë Kapenaar vir Brasilië gekies

De Wet van Niekerk (Foto: Verskaf)

De Wet van Niekerk (Foto: Verskaf)

Met sy insluiting in Brasilië se groep vir Vrydag se wedstryd teen Chili in die Amerikas-rugbykampioenskap is `n gebore en getoë Kapenaar die jongste toevoeging tot die langer wordende lys Suid-Afrikaners wat toetsrugby vir ander lande speel.

Die 22-jarige De Wet van Niekerk sluit hom in die Tupi’s se span aan by die skrumskakel Beukes Cremer, wat onderouderdomrugby vir die Oostelike Provinsie gespeel, en Brasilië sedert 2015 reeds in 13 toetse verteenwoordig het.

Van Niekerk het aan Pale Toe! gesê met die bereiking van dié doelwit sal hy hard moet werk om hom in die nasionale span te vestig.

Omdat hy rugby `n loopbaan wou maak, is hy ná skool na die Stellenbosch-rugbyakademie, en sy deurbraak het gekom toe hy genooi is om sewesrugby vir `n Brasiliaanse klub te speel wat by die bepaalde toernooi baie goed gevaar het.

Hy was skaars terug in Suid-Afrika of die Brasiliaanse klub het hom genooi om vir dié te gaan speel, en hy het die afgelope Desember ná drie jaar se verblyf in Brasilië vir die nasionale span in aanmerking gekom.

Eers losvoorspeler

Van Niekerk speel vir die klub Sao Paulo Saracens Bandeirantes, kortweg as Band Saracens bekend, wat tot stand gekom het toe die oorsronklike Bandeirantes `n vennootskap met die Londense klub Saracens gesluit het.

Hy was `n groot deel van sy loopbaan `n losvoorspeler, maar het in 2012 senter toe geskuif, waar hy vir sy klub speel. In die nasionale span word hy op vleuel of heelagter ingespan.

Van Niekerk skryf sy sukses grootliks toe aan die positiewe invloed en ondersteuning van sy familie wat hom aldeur bygestaan en deur moeilike tye gedra het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Baie geluk ·

Baie geluk en mag dit die beste tyd van jou lewe wees! Dit is miskien nie vir jou eie land, maar ek weet jy gaan die beste behandeling en ondersteuning kry van die man in die straat tot die regering in Brasil, na Rio het ek nogal besef dit is waar mens vrede kan vind en weet wat support beteken, hul dra hul sporthelde op die hande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.