Gedugte taak wag op Allister in Japan

Allister Coetzee (Foto: Hando Jikelo/ANA Pictures)

ʼn Gedugte taak wag op die gewese Springbokafrigter Allister Coetzee met sy aanstelling as hoofafrigter van die Japanse Topligaklub Canon Eagles.

Die klub het Vrydag bevestig dat Coetzee die pos kry, soos ʼn gerug lankal die ronde gedoen het.

Die Eagles het vanjaar tiende uit die 16 spanne in die liga geëindig. Die klub was vyfde in die Wit Afdeling van die liga, en NTT Communications Shining Arcs (vyfde in die Rooi Afdeling) het hom met 38-32 in die uitspeelwedstryd geklop.

In der waarheid het slegs vier uit die 16 spanne die afgelope seisoen minder ligapunte as die Eagles behaal, en daar wag dus ʼn strawwe paadjie boontoe op Coetzee.

Hy het die Kobe Kobelco Steelers in dié liga afgerig voordat hy in 2016 as Bokafrigter aangestel is. Hoewel Coetzee toe reeds by die Bokke was, het die Steelers destyds die kwarteindronde gehaal.

Intussen het Jake White, nog ʼn gewese Bokafrigter, volgens die Japan Times gesê dat die SA Rugbyunie (Saru) se onvermoë om baie van sy nasionale afrigters behoorlik te ondersteun ʼn belangrike rede vir Coetzee se swak uitslae by die Bokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DHK ·

Kundige afrigting en nie regstellende aksie nie gaan sy barometer wees waarvolgens hy gemeet gaan word. Die Japanese sal nie so verdraagsaam wees soos sy gewese werkgewers nie – dààr sal velkleur nie tot sy redding kom nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.