Gee vir Pollard die no. 10-trui in Bloem

Elton Jantjies. Foto: Geoff Caddick/AFP.

Dit is altyd onregverdig om die skuld vir ’n span se gesukkel voor die deur van een speler te lê, maar Elton Jantjies het by tye in die eerste helfte van die eerste toets teen Wallis lelik kleigetrap.

Willie le Roux het hom direk ná die eerste helfte in Pretoria vervang, met Damian Willemse wat na die losskakel-posisie geskuif is.

Die Stormers-speler het hom baie goed van sy taak gekwyt en hy het onder meer die wenstrafskop in die 82ste minuut van die wedstryd oor die dwarslat gejaag.

Die vlugvoetige Cheslin Kolbe het gister gesê dat Willemse hom beïndruk het.

Damian Willemse ná Saterdag se suksevolle skop. Foto: GB Jordaan.

“Ek dink Damian het nog soveel meer om vir die Springbokke te bied en ek is seker dat hy sal aanhou om aan sy spel te skaaf en te verbeter,” het Kolbe gesê.

’n Losskakel word gereeld as ’n rugbyspan se generaal beskryf. Die speler wat die spel dikteer, die agterlyn aan die gang kry en vir momentum met sy skopvoet en taktiese besluitneming sorg.

En om op hierdie generaal-metafoor uit te brei: Jantjies se vertoning kan ongelukkig vergelyk word met Varus se geploeter in die woude van Duitsland, of die Fransman wat tydens die Slag van Agincourt gedink het dat die deursnit Engelse oorlogsboog net so akkuraat soos ’n peashooter is.

Met ander woorde, nie te goed nie.

Jacques Nienaber (Springbok-afrigter) het ná die afloop van die wedstryd erken dat die Suid-Afrikaners se skopwerk nie op standaard was nie.

“Dit is waarskynlik die hoofrede waarom ons gesukkel het om uit ons speelgebied in die eerste helfte te kom en dit is iets waarop ons moet verbeter,” het Nienaber gesê.

Dit was ’n waagstuk om Jantjies vir die Pretoria-toets te kies. ’n Besering het beteken dat hy maande laas vir die Docomo Red Hurricanes in Japan uitgedraf het, terwyl hy in Mei op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is.

 Handré Pollard. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Springbok-ondersteuners sal hoop dat Handré Pollard weer die no. 10-trui in die komende naweek se Bloemfontein-toets sal dra.

Die 28-jarige voormalige Bulls-speler het ook sy kritici, maar hy weet beslis hoe om wedstryde vir ’n span te wen.

Hy het onder meer 22 punte in die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi teen Engeland aangeteken, terwyl hy ook met ’n stewige vertoning vir Montpellier in die eindstryd van die Top14-kompetisie vorendag gekom het.

Selfs Rassie Erasmus, SA Rugby se direkteur van rugby, het al voorheen gesê dat hy vir Pollard bó ’n opwindende losskakel soos Skotland se Finn Russell sal kies omdat hy wedstryde wil wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

gatgogga ·

Jantjies is ‘n verleentheid, op die veld, ook van die veld af.
Maar ek moet erken, hy laat ons lekker lag met sy komiese aksies wanneer hy stelskop.

Kobus ·

Wens net iemand wil hom beveel om minder te spoeg. Dis ‘n vieslike gewoonte

absoluut ·

jacques nienaber is net so n verleentheid om daai jantjies screen breker te wil kies elke keer

B-Man ·

Jantjies moes na sy vlieg-episode nooit weer toegelaat word om vir die Bokke te speel nie.

Kobus ·

Hy spoeg beter as wat hy skop. Dis onaanvaarbaar en swak maniere

Niklaas ·

Ek was nog nooit ‘n Groot Elton Jantjies ondersteuner nie. Hoop dit was die laaste sien van hom.

Hercules ·

Jantjies het geen self respek nie – stuur hom gerus terug op die vliegtuig dat hy nog iets breek – Morné Steyn ken Bloemfontein se stadion!!

N ·

Wat maak vir Jantjes so spesiaal dat al die aftigters (huidiglik en voorheen) hom soveel kanse gee. Hy word vir die laaste 10 jaar van sy Springbok loopbaan soos goud behandel, al het hy nog nooit veel bereik nie. Ons wag nou nog vir sy deurbreek en hy word al 32!

Salome ·

bring Frans Steyn ook terug na die bokke. Hy kan skop en is ‘n fantastiese rugbyspeler

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.