Geen maklike sege in die Supersportreeks

Daar was Vrydag geen maklike sege in die Supersportreeks nie, en al drie spanne wat aan die kortste ent getrek het, het ʼn verloor-bonuspunt verdien.

In Kimberley het Griekwas die Vrystaat-vyftiental met 43-36 geklop (rustyd 33-17); op Kempton Park het die Blou Bulle die Valke met 33-26 verslaan (rustyd 14-12); en in George het Grens ʼn rustydagterstand van 14-17 omgekeer om die Suidwestelike Distrikte steeds ʼn sege in die reeks te ontsê deur met 26-25 te wen.

Die losskakel Oliver Zono het 21 van Grens se punte met twee drieë, ʼn doelskop en drie strafdoele behaal.

Griekwas se losskakel André Swarts het 18 punte op sy kerfstok geplaas deur ʼn drie te druk en met vyf doelskoppe en ʼn strafdoel te slaag.

Die puntemakers –

Griekwas 43 (33) – Drieë: Renier Botha, Ederies Arendse (2), André Swarts, Wendal Wehr (2). Doelskoppe: André Swarts (5). Strafdoel: André Swarts.

Vrystaat 36 (17) – Drieë: Luther Obi (2), JW Jonker, Ruan van Rensburg, Justin Basson. Doelskoppe: Marco Mason (4). Strafdoel: Marco Mason.

Blou Bulle 33 (14) – Drieë: Boom Prinsloo, André Warner, Kefentse Mahlo (2), Duncan Matthews. Doelskoppe: Thinus de Beer, Handré Pollard (3).

Valke 26 (12) – Drieë: Marco Klopper, JP Mostert, Warren Potgieter, Etienne Taljaard. Doelskoppe: Warren Potgieter (3).

Grens 26 (14) – Drieë: Oliver Zono (2), Sinovuyo Nyoka. Doelskop: Oliver Zono. Strafdoele: Oliver Zono (3).

SWD 25 (17) – Drieë: Freginald Africa, Marlou van Niekerk, Adri Jacobs. Doelskoppe: Leighton Eksteen (2). Strafdoele: Leighton Eksteen (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.