Geen plek vir Faf in Leeus se beginspan

Julian Redelinghuys (Foto GB Jordaan)

Julian Redelinghuys (Foto GB Jordaan)

Miskien is dit die rits verdedigingsblapse in sy laaste twee toetse, albei teen die All Blacks, wat gemaak het dat Faf de Klerk nie in die Goue Leeus se beginspan vir Saterdag se Curriebekerhalfeindstryd teen die Vrystaat Cheetahs is nie.

Vir die wedstryd in Bloemfontein het Johan Ackermann-hulle besluit om Ross Cronjé as opdraf-skrumskakel te behou en het hulle plek in die beginspan vir hulle ander Bokke, Malcolm Marx en Julian Redelinghuys, gevind.

Dit is nie die eerste keer vanjaar dat die Leeus/Lions met Cronjé begin nie.

De Klerk, benewens vyf verbroude duikslae wat hom saam met Morné Steyn die grootste (amptelike) verdedigingsondebok in die laaste toets maak, het weer geneig om (te) vinnig van die skrum weg te breek om agter sy agterlyn te gaan dek.

Soos drie weke gelede in Christchurch het die All Blacks die twee yslike gapings wat sodoende gelaat is, die naweek weer deeglik uitgebuit.

Die Leeus sal weer met Ruan Ackermann en Bobby de Wee op slot begin. Lourens Erasmus begin na sy besering op die bank. Jacques van Rooyen neem die plek van die beseerde jong Loskop Dylan Smith in en in die agterlyn is Jacques Nel weer op senter terug aan die buitekant van Rohan Janse van Rensburg na die terugkeer van Koch Marx op vleuel.

Die span –

15 Andries Coetzee, 14 Koch Marx, 13 Jacques Nel, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Anthony Volmink, 10 Jaco van der Walt, 9 Ross Cronjé, 8 Fabian Booysen, 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith (kapt.), 5 Bobby de Wee, 4 Ruan Ackermann, 3 Julian Redelinghuys, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Corné Fourie, 18 Ruan Dreyer, 19 Lourens Erasmus, 20 Ruaan Lerm, 21 Faf de Klerk, 22 Stokkies Hanekom, 23 Sylvian Mahuza.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

Dit gaan ‘n interessante wedstryd wees. Die Vrystaat behoort met beter samespel dit te maak. Die Leeus gaan die afwesigheid van hul spelers in Japan en die op die krukkelys deeglik
te voel.Sal nogtans ‘n goeie aanduiding van hul diepte wees.

Henk ·

Dis is my beskeie mening dat Faf de Klerk en Steyn as “verdediging sondebokke” uitgewys word hier, maar dat die wat klippe gooi, dit doen om hul eie gatte te red. In die eerste plek het die voorspelers en dit sluit al agt van hulle in, NIE hulle werk gedoen by afbreekpunte nie! Daar is nie gekompeteer vir die opponent se bal nie en hul eie balbesit is nooit behoorlik beskerm nie. Die voorspelers het eerder ala Allister Coetzee styl ‘n “verdedigingslinie” in die pad van ons agterspelers gevorm en dan nagelaat om die “first time tackling” suksesvol indien hoegenaamd uit te oefen. DIT het vir de Klerk en Steyn in die situasie geplaas waar hulle moes kies watter een van 5 spelers hulle moet verdedig EN dan was dit boonop groot voorspelers wat deur die “kleiner” agterspelers gestop moes word.

Billy Maritz ·

Ek is reeds vir 37 jaar ‘n vurige Transvaal/Leeus – ondersteuner, maar ek gun die Curriebeker vir die Vrystaat. En dis nie verraad nie! Hulle verdien dit. Maar dit moet mos eers gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.