Geen rede waarom Bokke nie moet hol

Springboks logoAs `n mens vir Usian Bolt in jou atletiekspan het, hoekom wil jy hom vir die 800 meter inskryf?

Dalk lees `n mens iets tussen die lyne wat daar nie bestaan nie; dalk hou die Springbokafrigter, Alllister Coetzee, sy kaarte net styf teen sy bors, maar die boodskap wat hy en sy mede-afrigters uitgestuur het, is dat die Bokke nie sal waag wanneer hulle Saterdag in die Wembley-stadion teen die Barbarians speel nie.

Die toer sal chaoties afskop as die Bokke verloor, maar teen `n saamgeflansde span wat net `n week saam sal oefen (en wat spelers waarvan almal nie van toetsgehalte is nie insluit0? Of het Bok-rugby reeds só baie verswak?

Om van Clayton Blommetjies, Cheslin Kolbe, Ruan Combrinck, Sergeal Peterson en Jamba Ulengo te verwag om hul aanvallende vermoë in Suid-Afrika te los, maak mos nie sin nie, of wat is daar op die tweedaagse noodberaad oor Springbokrugby besluit?

Die probleem is dat Coetzee op `n lae noot teen die Iere in Junie begin het toe die Bokke in die eerste toets afgeslag is. Soos prof John Williams, in 1992 (die Bokke het die eerste twee toetse teen Nieu-Seeland en Australië tuis verloor) en Ian McIntosh in 1993 toe die Bokke teen die Franse gelykop gespeel het en toe die tweede toets verloor het, het Coetzee in sy dop begin kruip.

Nou moet daar teruggeval word op `n konserwatiewe spelpatroon, een waar die voorspelers oorheers en die skakelpaar dan die bal voor die voorspelers hou. Teen die Baabaas sal dit na alle waarskynlikheid werk, maar teen Engeland en Wallis?

Was dit nie nou die regte tyd om van die ou hout ontslae te raak nie en soos die Lions en Cheetahs (en Nieu-Seelandse spanne) te speel nie? Die Argentynse Poema-ondersteuners is nie kwaad vir hul span as hulle toetse verloor nie, want daar is vordering, verfrissing, nuwe spelers word ontwikkel, toeskouers (en borge) stroom na die span.

Dit is nou die regte tyd on die skille van die oë te laat af haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

CdV ·

Moenie te veel verwag nie. Die Bokke het nog nooit hul jaareinde kersinkopie toere na Europa ernstig gevat nie. Die ouens is onfiks en daar is nie meer nasietrots nie -net GELD, wen of verloor kry hul buitendien genoeg, so hoekom myself uitsit. Kyk maar hoe stadig gaan hulle aanploeter na die lynstane en aan die slaap gevang word. en die halfhatige kruisverdediging . Hulle gaan ook nie teenstanders se ingooi teenstaan nie.

Hendrik ·

die regering druk op kota spelers en oral is daar te min vroue betrokke. Maak die regerig gelukkig. maak die voorspelers almal swart vroue. Ek dink dit sal die regerig moonlik tevrede maak.

Frans C ·

Coetzee het mi nie verder as sy Stormers patroon gevorder nie.In 2015 het die Stormers die derde minste drieë nl 32 gedruk en 35 afgestaan. In dieselfde toernooi het die Hurricanes 58
drieë en die Waratahs 50.

Stormers rugby is dus eerder op verdediging as aanval gemik.

Christo ·

Jy kan maar berigte skryf tot jou rekenaar se ink op raak, maar dis duidelik en hardseer om te sien die bokke is geskiedenis.

Loskop ·

Verder tot sogenaamde STICK se kommentaar op n ander berig in Engelse koerant WE WONT PLAY BAABAAS RUGBY. Wat se boodskap stuur dit uit na die ondersteuners .Soos
Frans C se onder Coetzee is die Springbokke eerder afkop Blesbokke , sal doelloos rondhardloop , skop en maal bewegings uitvoer , sonder sukses. En hul verdedeging is nie veel beter nie.Met n agterlyn , voorspeler , skop en skrum afrigters wat maak Coetzee dan daar.Of ja ek het vergeet . regstellende aksie tot in die afgrond in . R I P BLESBOKKE

Nico K ·

Volgens my het Barbarian rugby nog altyd oor opwindende spel gegaan. Dit is nie ‘n toetswedtryd nie. En ja daar is druk op die afriger maar daarom het hy nie sy beste spelers gekies vir die wedstryd nie. Dit sal dom wees as hy nie nou ‘n kans gaan waag met hardloop rugby nie.

Gironki ·

Ek sal baie teleurgesteld teenoor Allister Coetzee voel indien hy nie vir Rohan Janse van Rensburg speelkans teen Barbarians gee nie. Veral aangesien Barbarians hom vir hul span wou kies. Ek dink dat hy en Francois Venter ‘n gedugte senterpaar sal wees

Jan ·

Coetzee hoort by n Satire kompetiesie want almal sal vir hom lag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.