Geen span kan Curriebeker-loesing bekostig

Vanweë die kort Curriebeker-seisoen vanjaar kan geeneen van die spanne wat dié naweek in aksie is, bekostig om te verloor nie.

Vrydag se stryd tussen die Pumas en die Sharks in Nelspruit maak die grootste belangstelling gaande.

Die Sharks lyk op die oog af na die enigste span wat – as hy die slag op dreef is – die Westelike Provinsie om die titel kan uitdaag.

Met Jimmy Stonehouse se oorname as hoofafrigter van die Pumas, het die span se ondersteuners geen geheim van hul hoë verwagtinge gemaak nie, en hierdie is dalk ʼn gulde geleentheid om daaraan te voldoen – juis omrede die besoekers se wisselvallige vertonings.

Die Blou Bulle is die gunsteling in Kimberley, maar Griekwas, die agteros, kan die minste van almal ’n nederlaag bekostig.

Die span sal vinnig moet toon dat hy die verlies aan Peter Engledow se afrigting te bowe kan kom, anders speel hy aanstaande jaar in die Eerste Liga.

Gelukkig vir die Poubloues, is hul driedrukmasjien Enver Brandt weer op sy pos nadat ʼn besering hom lank van die veld gehou het. Al het hy die laaste paar SuperSport-wedstryde misgeloop, het hy steeds die meeste drieë in dié reeks gedruk.

Op Ellispark behoort die Goue Leeus op ʼn drafstap te wen – of kan die Vrystaters verras?

Eerste Liga

Vrydag se wedstryd op George is deurslaggewend vir die verdedigende kampioen, die Griffons, wat allermins tevrede met sy vyfde plek (uit sewe spanne) op die Eerste Liga-punteleer kan wees.

Die Suidwestelike Distrikte (tans derde) behoort egter op sy tuisveld ʼn harde neut te wees om te kraak.

Die Luiperds behoort in KwaZakhele teen die Oostelike Provinsie te wen; en Boland is die gunsteling om in Bredasdorp met Grens af te reken.

Die bepalings –

Vrydag

Curriebeker

19:00 Sharks teen Pumas, Nelspruit

Eerste Liga

18:00 SWD teen Griffons, George

Saterdag

Curriebeker

15:00 Griekwas teen Blou Bulle, Kimberley
17:15 Goue Leeus teen Vrystaat, Johannesburg.

Eerste Liga

14:30 Boland teen Grens, Bredasdorp
15:30 OP teen Luiperds, KwaZakhele

Spanne –

Curriebeker

Sharks

15 Aphelele Fassi, 14 Kobus van Wyk, 13 Jeremy Ward, 12 Marius Louw, 11 Lwazi Mvovo, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Daniël du Preez, 7 Tyler Paul, 6 Luke Stringer, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg, 3 John-Hubert Meyer, 2 Chiliboy Ralepelle (kaptein), 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Khutha Mchunu, 18 Andrew Evans, 19 Wian Vosloo, 20 Cameron Wright, 21 Johan Deysel, 22 Curwin Bosch.

Pumas

15 Gerrit Smith, 14 Niel Maritz, 13 Ryan Nell, 12 Hennie Skorbinski, 11 Ruwellyn Isbell, 10 Chris Smith, 9 Stefan Ungerer, 8 Willie Engelbrecht, 7 Stefan Willemse, 6 Marnus Schoeman, 5 Hugo Kloppers, 4 Le Roux Roets, 3 Marné Coetzee, 2 Marko Janse van Rensburg, 1 Khwezi Mona. Bank: 16 Frankie Herne, 17 Andrew Beerwinkel, 18 Cameron Lindsay, 19 Francois Kleinhans, 20 Jeandré Rudolph, 21 Reynier van Rooyen, 22 Trompie Pretorius.

Griekwas

15 AJ Coertzen, 14 Ederies Arendse, 13 Kyle Steyn (kaptein), 12 André Swarts, 11 Enver Brandt, 10 George Whitehead, 9 Christiaan Meyer, 8 Conway Pretorius, 7 Sias Koen, 6 Eital Bredenkamp, 5 Pieter Jansen van Vuren, 4 Sintu Manjezi, 3 Nicolaas Oosthuizen, 2 Khwezi Mkhafu, 1 Devon Martinus. Bank: 16 Wilmar Arnoldi, 17 Ruan Kamer, 18 Wandile Putuma, 19 Jonathan Janse van Rensburg, 20 Zak Burger, 21 Christopher Bosch, 22 Tythan Adams.

Blou Bulle

15 Divan Rossouw, 14 Jade Stighling, 13 Franco Naudé, 12 JT Jackson, 11 Duncan Matthews, 10 Manie Libbok, 9 André Warner, 8 Hanro Liebenberg (kaptein), 7 Nick de Jager, 6 Ruan Steenkamp, 5 Eli Snyman, 4 Hendré Stassen, 3 Trevor Nyakane, 2 Jaco Visagie, 1 Matthys Basson. Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Dayan van der Westhuizen, 18 Ruan Nortjé, 19 Jano Venter, 20 Ivan van Zyl, 21 Tinus de Beer, 22 Dylan Sage.

Goue Leeus

15 Sylvian Mahushe, 14 Madosh Tambwe, 13 Lionel Mapoe, 12 Howard Mnisi, 11 Courtnall Skosan, 10 Shaun Reynolds, 9 Dillon Smit, 8 Hacjivah Dayimani, 7 Len Massyn, 6 James Venter, 5 Marvin Orie (kaptein), 4 Rhyno Herbst, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Pieter Jansen, 1 Sti Sithole. Bank: 16 Corné Fourie, 17 Danie Mienie, 18 Stephen Bhasera, 19 Reinhard Nothnagel, 20 Vincent Tshituka, 21 Bradley Thain, 22 Wandisile Simelane.

Vrystaat

15 Adriaan Carelse, 14 Ali Mgijima, 13 Carel-Jan Coetzee, 12 Tertius Kruger, 11 Lloyd Greef, 10 Louis Fouché, 9 Rudy Paige (kaptein), 8 Niell Jordaan, 7 Stephan Malan, 6 Abongile Nonkontwane, 5 Dennis Visser, 4 Louis Conradie, 3 Gunther Janse van Vuuren, 2 Reinach Venter, 1. Kevin Stevens. Bank: 16 Jannes Snyman, 17 Johan Kotzé, 18 Luigy van Jaarsveld, 19 Nardus Erasmus, 20 Dian Badenhorst, 21 Vuyani Maqina,
22 Reinhart Erwee.

Eerste Liga

SWD

15 Leighton Eksteen, 14 Marlo Weich, 13 Tyler Fisher, 12 Vuyo Mboto, 11 Alshaun Bok (onderkaptein), 10 Divan Nel, 9 Johan Steyn, 8 Wayne Wilschut, 7 Nicolaas Immelman, 6 Janneman Stander, 5 Wynand Grassman, 4 Anton Smit, 3 Vukile Sofisa, 2 Jacques Vermaak (kaptein), 1 Lux Khoza. Bank: 16 Le Roux Baard, 17 Dewald Dekker, 18 Ruben Schoeman, 19 Hannes Janse van Rensburg, 20 Dillin Snel, 21 Kirsten Heyns, 22 Ganfried May.

Griffons

15 Tertius Maarman, 14 Warren Williams, 13 Nkululeko Marwana, 12 Duan Pretorius (kaptein), 11 Rodney Damons, 10 Neill Stannard, 9 Sherwin Cupido, 8 Codey Basson, 7 Jean Pretorius, 6 Henco Greyling, 5 Niell Claassens, 4 Gavin Annandale, 3 Giraffe Dlamini, 2 Anrich Alberts, 1 Danie van der Merwe. Bank: 16 Simanga, 17 Barend Potgieter, 18 Rikus Zwart, 19 Thato Mavundla, 20 Boela Abrahams, 21 Anrich Bitzi, 22 Wynand Pienaar.

Boland

15 Valentino Wellman, 14 Charles Mayeza, 13 Wilneth Engelbrecht, 12 Tyrone Abelse, 11 Bernado Botha, 10 Quaid Langeveldt, 9 Damian Stevens, 8 Zandré Jordaan (kaptein), 7 Ludio Williams, 6 Tapiwa Tsomondo, 5 Rinus Bothma, 4 Marlyn Williams, 3 Clinton Theron, 2 Clemen Lewis (onderkaptein), 1. Arnout Malherbe. Bank: 16 Francois Esterhuizen, 17 Stefaan Grundlingh, 18 Raeez Salie, 19 Brandon Valentyn, 20 Kenan Cronjé, 21 Jaywinn Juries, 22 Ralton October

Luiperds

15 Tapiwa Mafura, 14 Dean Gordon, 13 Evardi Boshoff, 12 Akhona Nela, 11 Dean Stokes, 10 Schalk Hugo, 9 Eugene Hare, 8 Edward Haas, 7 Boela Venter, 6 Muziwandile Mazibuko, 5 Jan du Plooy, 4 Johan Retief, 3 Matimu Manganyi, 2 Louis van der Westhuizen, 1 Nelius Theron. Bank: 16 Marius Stander, 17 Robert Hunt, 18 Sthembiso Mhlongo, 19 Siyabulela Mdaka, 20 Nkosana Mathaba, 21 Gerhard Nortier, 22 Bradley Moolman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.