‘Geheim’ lek uit – gaan ABs en Bokke kombineer?

ʼn “Geheime” plan van Sanzaar om ʼn gekombineerde Suiderspan, geskoei op die lees van die Britse en Ierse Leeus, in die veld te stoot, het in Sydney, Australië, uitgelek.

The Sydney Morning Herald berig oor, wat hy ʼn “geheime strategiedokument” noem, en wat glo daarop gemik is om nuwe lewe in die sukkelrige Sanzaar-reekse te blaas.

Naas die gedagte van só ʼn gekombineerde span, word die moontlikheid van ʼn Superrugbyspan wat deur die ondersteuners uit die 15 franchise’e gekies word ook in die dokument genoem.

Die moontlikheid om na Noord-Amerika uit te brei, word steeds oorweeg, en luidens die berig word daar onder meer gekyk na ʼn Superrugbymodel van vier groepe van vyf spanne elk vir ná 2020, wanneer die huidige TV-kontrak verval.

Wat die huidige model betref, word daarop gedui dat dit tot 2020 onveranderd sal geld.

Veranderinge aan die Rugbykampioenskap word glo eweneens oorweeg. Dit sluit blykbaar die moontlikheid in dat Suid-Afrika, byvoorbeeld, in ʼn bepaalde jaar albei sy toetse teen Nieu-Seeland tuis sal speel, en die volgende jaar albei weg. Teen die Wallabies en die Poemas kan dit andersom geskied.

Die dokument getitel “Sanzaar Strategy 2030” is glo reeds deur Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Argentinië aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bloues ·

Is daar rerig ‘n bokkie of ‘n wallabie wat in enige posise beter is as die All Black wat in daardie posise is.
Ek dink nie so nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.