Geil punte-oes vir drie in Supersportreeks

Drie losskakels het elk ʼn geil punte-oes ingesamel in die naweek se Supersportreeks, wat ook sy kwota naelbytstryde opgelewer het.

Shaun Reynolds van die Goue Leeus het 25 punte teen die Pumas aangeteken; en Oliver Zono het 24 vir Grens teen die Westelike Provinsie behaal. Kobus Marais van die Pumas het 19 teen die Leeus gekry.

Reynolds het `n drie gedruk en vier elk doelskoppe en strafdoele in punte omskep. Zono het twee keer gaan druk, en vier doelskoppe en twee strafdoel deur die pale geloods. Marais se bydrae het uit twee doelskoppe en vyf strafdoele bestaan.

Die Blou Bulle se skrumskakel, Ivan van Zyl, het `n driekuns teen die Welwitschias in Windhoek behaal.

Die reeks het heelwat opwinding opgelewer.

Die Griffons was was rustyd met 17-29 agter in die Vrystaatstadion, Bloemfontein, maar ʼn merkwaardige terugvegpoging het die span van Welkom in staat gestel om die Vrystaters met 38-36 te klop.

Griekwas het op die Hoërskool Diamantveld se veld in Kimberley ʼn agterstand van 17 punte uitgewis om 14 minute voor die einde die voortou met 35-31 te neem. Die Luiperds het egter vier minute voor die einde die wedstryd deur middel van ʼn verdoelde drie met 38-35 beklink.

Mag en mening

Op Outeniekwapark in George was die Oostelike Provinsie Kings rustyd reeds met 24-3 voor, maar die Suidwestelike Distrikte het met mag en mening teruggeveg en die besoekers moes op die ou end walgooi dat dit klap om 34-29 te wen.

In die ander wedstryde het die Goue Leeus die Pumas op KaNyamazane naby Nelspruit met 40-29 verslaan; die Blou Bulle het die Welwitschias in Windhoek met 50-25 geklop (rustyd 24-10); en op Stadspark in Athlone het die Westelike Provinsie met 50-34 teen Grens geseëvier (rustyd 26-20).

Die puntemakers –

OP Kings 34 (24) – Drieë: Stefan Willemse, strafdrie, Waylon Murray, Keanu Vers, Neil Maritz. Doelskoppe: Simon Bolze (2), straf-doelskop. Strafdoel: Simon Bolze.

SWD 29 (3) – Drieë: Leighton Eksteen, Johannes Uys, John Welthagen, strafdrie; Doelskoppe: Leighton Eksteen (2), straf-doelskop. Strafdoel: Leighton Eksteen

Griffons 38 (17) – Drieë: Gideon Venter, Vuyo Mbotho (2), Joubert Engelbrecht, Alrin Eksteen; Doelskoppe: Duan Pretorius (3), Jaun Kotze (2). Strafdoel: Duan Pretorius.

Vrystaat-vyftiental 36 (29) – Drieë: Heinrich Bitzi, Ryno Benjamin, Michael van der Spuy, Luther Obi, JW Jonker. Doelskoppe: Heinrich Bitzi (4). Strafdoel: Heinrich Bitzi.

Luiperds 38 (24) – Drieë: Tapiwa Mafura, Jan Venter, Rowayne Beukman, Marno Redelingshuys, Gideon van der Merwe. Doelskoppe: Schalk Hugo (5). Strafdoel: Schallk Hugo.

Griekwas 35 (14) – Drieë: Jan Meyer, Enver Brandt, Ederies Arendse, Wendal Wehr, George Whitehead. Doelskoppe: Whitehead (5).

Goue Leeus 40 (17) – Drieë: Fabian Booysen (2), Shaun Reynolds, Gerhardus Labuschagne. Doelskoppe: Shaun Reynolds (4). Strafdoele: Shaun Reynolds (4)

Pumas 29 (19) – Drieë: Reynier van Rooyen (2). Doelskoppe: Kobus Marais (2); Strafdoele: Kobus Marais (5).

Blou Bulle 50 (24) – Drieë: Andrew Beerwinkel, Clyde Davids, Ivan van Zyl (3), Jade Stiglingh, Divan Rossouw, Eduan Lubbe. Doelskoppe: Tony Jantjies (5).

Welwitschias 25 (10) – Drieë: JC Greyling, David Philander, Andries Rousseau. Doelskoppe: Theuns Kotzé (2). Strafdoele: Theuns Kotzé (2).

WP 50 (26) – Drieë: Scott van Breda (2), Brenden Esterhuizen, Michal Hazner, Chad Solomon, Johan du Toit, Valentino Wellman. Doelskoppe: Brandon Thomson (6). Strafdoel: Brandon Thomson.

Grens 34 (20) – Drieë: Oliver Zono (2), Bangihlombe Kobese, Sokuphumla Xakalashe. Doelskoppe: Oliver Zono (4). Strafdoele: Oliver Zono (2).

Opgesomde punteleer –

Noord

Blou Bulle 5, Valke 5, Goue Leeus 5, Pumas 5, Welwitschias 1.

Sentraal

Luiperds 10, Griekwas 7, Griffons 5, Vrystaat 2, Sharks 0.

Suid

WP 10, Grens 6, OP 5, Boland 2, SWD 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.