Gelant se bevordering gee nuwe Blou Bul kans

Warrick Gelant se insluiting in die Springbokgroep bied die kans vir ʼn gewese SA o.20-speler om sy Curriebekerbuiging vir die Blou Bulle teen die Sharks te maak.

Die 20-jarige Manie Libbok sal die laaste vesting Woensdag op Loftus Versfeld verdedig.

Hy is een van slegs drie veranderinge in die Bulle se opdrafspan.

Die linkervleuel Jamba Ulenga is weer fiks en vervang Kefentse Mahlo, terwyl die skumskakel Piet van Zyl ‘n blaaskans kry en André Warner vir hom instaan.

Die span –

15. Manie Libbok, 14. Travis Ismaiel, 13. Franco Naudé, 12. Burger Odendaal, 11. Jamba Ulengo, 10. Tony Jantjies, 9. André Warner, 8. Nic de Jager, 7. Jannes Kirsten, 6. Boom Prinsloo (kaptein), 5. Ruben van Heerden, 4. Irné Herbst, 3. John-Roy Jenkinson, 2. Jan-Henning Campher, 1. Pierre Schoeman. Bank: 16. Jaco Visagie, 17. Matthys Basson, 18. Abongile Nonkontwana, 19. Shaun Adendorff, 20. Ivan van Zyl, 21. Dries Swanepoel, 22. JT Jackson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.