Geldtwis kan Bulle se regruk verfomfaai

ʼn Geldtwis en bewerings van dreigende bankrotskap kan die Bulls en Blou Bulle se herstelplanne wat soveel belofte toon deurmekaar krap.

Luidens mediaberigte die afgelope paar dae is daar onmin in die geledere van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) oor die leen van miljoene rande aan die Blou Bulle-maatskappy (BBM), en laasgenoemde se huidige agterstalligheid met die terugbetaling daarvan.

Die transaksie (of transaksies) het glo ongrondwetlik geskied, en die pos van die president, Gert Wessels, is blykbaar in die gedrang met dreigemente van ʼn mosie van wantroue.

Die klubs dui aan dat hulle verdere verkwisting van karige hulpbronne wil beperk.

Na berig word hou die kwessie verband met geld wat uit die sake-ontwikkeling op die BBRU-terrein noord van Loftus Versfeld verdien is.

Onenigheid in die BBRU duur al ʼn geruime tyd, en verskeie van die bond se visepresidente is by die afgelope bestuursverkiesing vervang.

Ongrondwetlike optrede kan nie goedgepraat word nie, maar sal meer geld nóú in die bond se sak die franchise (en daarmee saam die bond en die klubs) se geldkwelling oor die lang termyn uit die weg kan ruim, veral gesien die tekens dat die BBM se Bulls-omkeerstrategie op die veld kan slaag?

Die SA Rugbyunie (Saru) moes al by die Grens, die Oostelike Provinsie en die Suidwestelike Distrikte se geldsake ingryp. Daar is hardnekkige gerugte dat die Westelike Provinsie Nuweland wil verkoop om te oorleef. Die Pumas het vroeër vanjaar besnoeiingsmaatreëls ingestel.

Gesien die langtermynmoontlikhede van die sake-ontwikkeling is daar diegene wat glo die Blou Bulle het waarskynlik ʼn gesonder finansiële vooruitsig as menige (dalk enige) van die ander bonde.

ʼn Mens kan maar net hoop dat die woelinge op die duur in die beste belang van die bond en franchise se rugby opgelos word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rianto ·

As die BBRU so baie geld beskikbaar het hoekom is die finasiele ondersteuning wat hulle gee aan rugby klubs so skraps!!

CG ·

Die prys van “transformasie” is agteruitgang en finansiële verval.

Dink bietjie ·

Ek vra maar net dat die geldsugtiges bietjie moet nadink. Op die oomblik blyk hulle tevrede te wees met 1000 mense op die paviljoen teen ‘n gemiddelde prys van R 300. Dit gee dus R 300,000 on die koffers. Hoekom word die kaartjiepryse nie verminder nie …. jy gaan maklik 5000 mense kry teen ‘n gemiddelde prys van R 100 wat R 500,000 in die koffers sit. Meer mense … meer kosverkope. Hoekom moet ons tot R 450 betaal vir ‘n lekker sitplek en die kosstalletjies staan leeg?? Wens hulle wil bietjie verder dink…….

Rianto ·

Die probleem met die geldsugtiges strek baie dieper…. wanneer laas het a laerskool span op Loftus gespeel – elke speler wat net 1 x op loftus speel staan ‘n baie goeie kans om ‘n getroue loftus ondersteuner te word…

Barend en Co voel vere vir enige iets behalwe hulle eie sak…

Flip Pretorius ·

As daar geld problem in n Unie is dan gaan geen span presteer nie, klaar.
Voor wie se deur moet hierdie finansiele gemors gele word. Inkomste kom grotendeels van die Unie se rugby ondersteuners af. En as jou span nie presteer nie dat is daar nie ondersteuners nie. Ons moes voor John Mitchell se aanstelling elke jaar by Nollis Marais hoor gee die span n kans ons speel met jong spelers. Na sy 4 de jaar was dit nog steeds dieselfde verskoning, maar toe is dieselfde jong spelers al 4 jaar ouer. Nollis Marais het met sy swak afrigting en vertoning nie net baie spelers benadeel nie maar ook die Unie so stil stil bangkrot afgerig.

Rianto ·

Flip… ondersteuners gaan nie net na Loftus vandat Nollis die Bulle afrig nie… afgerig het nie.. van dat Victor en co nie meer speel nie het getalle afgeneem…

Dink ook Nollis was nie 4jr hoofafrigter nie…

Barend en co se tyd het gekom om te gaan

JR ·

Gaap!!!!!!
Wie gee om. Sluit die deure en begrawe SA rugby. ……
Tik tok die einde is naby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.